Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Watersake Sondag | 26 Januarie | 2020

Na aanleiding van ‘n formele dispuut wat talle lede reeds in 2013 verklaar het oor foutiewe fakture, het ‘n reeks gesprekke tussen TLU SA en die Departement van Water en Sanitasie reeds plaasgevind om die dooiepunt op te los. Ofskoon daar in die verlede etlike vergaderings tussen die partye plaasgevind het, was die gebrekkige kontinuïteit van die Waterwese-afvaardiging sodanig dat weinig vordering gemaak was. Die onlangse verloop van gesprekke het egter die hoop laat opvlam dat hierdie kwessie vir eens en vir altyd besleg kan word, maar ongelukkig het ‘n werksessie in Limpopo laat verlede jaar weer op ‘n dooiepunt uitgeloop. Dit blyk nou dat TLU SA se aandrang op ‘n neutrale arbiter die aangewese opsie mag wees. Die kwessie van water wat reeds sodanig besoedel is dat dit nie meer as H²O geag kan word nie, sal vanjaar aandag geniet.