Oos Streek – Mei 2019

TLU SA Oosstreek het in April ‘n gesprek met Afasa en Mpumalanga Landbou gehad oor die daarstel van ‘n Landbouforum vir Mpumalanga. Tydens die vergadering is besluit dat ʼn Landbouforum tussen die drie landbou-organisasies ‘n funksionele doel sal hê om landbouers se stem as eenheid by die Provinsiale regering in Nelspruit in te dra. Daar is besluit dat ‘n Memorandum van Verstandhouding teen einde Mei die lig moet sien. Elke organisasie sal vyf lede hê en die voorsitter sal roteer. ‘n Kworum sal uit twee lede van elke organisasie bestaan en ses lede moet teenwoordig wees om ‘n vergadering te hou. Na verwagting sal die Forum teen einde Mei in Nelspruit bekendgestel word. Beide organisasies was entoesiasties oor die vooruitsig.

In die aanloop tot die verkiesing het probleme op plase weer opgevlam. Bewoners van Esta het drade geknip, onwettige strukture opgerig en te veel beeste word aangehou. Die gebeure word toegeskryf aan politiese opstokery. Grafbesoeke was weer problematies en is ‘n ergernis vir boere. Oosstreek het reeds ‘n konsepriglyn oor plaasbesoeke na aanleiding van die Gewysigde Esta-wet opgestel vir verspreiding. Die President het wel die Wet onderteken, maar volgens terugvoer het die Direkteur-Generaal van Grondsake nog nie met implementeringsriglyne onderteken nie. Dit word afgewag.

Daar is ‘n toename in die hoeveelheid ou grondeise wat nooit hanteer is nie, maar nou skielik op die tafel is. Die eise word gehanteer soos dit inkom. Wat opmerklik was is dat daar ʼn benadering van amptenare is om ‘n skikking te bereik eerder as om hulle na die hof te wend. Die verwagting is dat hierdie wyse die norm sal word aangesien dit vinniger resultate lewer.

Dit blyk volgens Graan SA en die saadmaatskappye se skattings dat boere in Mpumalanga bo verwagting oeste gaan kry. Veral mielies en sojabone se vooruitsig is goed. Sekere dele in die provinsie soos Wonderfontein, het goeie reën gekry wat die stroop van sojabone vertraag maar dit word voorsien dat die situasie vinnig sal opklaar.

Die bydrae van Chrissiesmeer se studiegroep tot droogtehulp is ‘n gebaar van boere se welwillendheid om mede-boere te help. Die geld wat bewillig is, is na Sutherland gestuur waar mielies vir boere aangekoop is. Droogtehulp moet gekoördineer word om beheer uit te oefen. Dit is nodig aangesien onrusbarende berigte ontvang is dat boere in die Karoo die kontakte wat die voer hanteer, moes betaal. In ‘n ander voorval het ‘n verskaffer van Brits wat voer gestuur het, geen idee wat van sy besending bale geword het nie. Kontak die Streekbestuurder of Kobie van Middelburg wanneer voer beskikbaar is. Die Streekkantoor skakel met Naude Pienaar van Agri-Noordwes om inligting te bekom oor koördinering.

Veediefstal gaan steeds voort hoewel daar suksesvolle pogings van alle BV’s was om veediefstal te bekamp. Dit bly ʼn probleem wat binne die huidige ekonomiese klimaat nie maklik opgelos gaan word. Tot dusver was daar 17 plaasaanvalle in Mpumalanga maar geen moorde vanjaar, teenoor 7 moorde in 2018.

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.