James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Onteiening – ‘n nuwe benadering word benodig.

Wysiging aan die onteieningswetsontwerp is nie in Suid-Afrika se belang nie en moet verwerp word. TLU SA volstaan steeds by die ekonomiese beginsels wat bepaal dat elkeen wat ekonomies aktief wil wees ook verantwoordelikheid aanvaar vir dit wat daarmee saamgaan. Landbou lewer ‘n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) en daarom is fokus op markkragbeginsels belangriker as ideologiese beginsels wat ‘n transformasie agenda dryf.

Eiendomsreg is die hoeksteen van suksesvolle landbou, ongeag wie die eienaar is. Oor die dekades heen het die landbousektor in tye van onsekerheid en onstabiliteit bewys dat dit aan alle Suid-Afrikaners broodnodige vastigheid en sekuriteit kan bied. Dit is weereens die afgelope drie, vier jaar bevestig. Dit kan rampspoedig wees indien korttermyn politieke of ideologiese aspirasies hierdie stabiliserende dog sensitiewe sektor wil omver gooi en die nagvolge daarvan kan geslagte Suid Afrikansers in ellende en ‘n oorlewingskrisis dompel.

“Ons dink onwillekeurig dat die versoek om die onteieningswetsontwerp te wysig, bloot deel is van die ANC se verkiesingsveldtog,” sê Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder. Die katastrofiese realiteit van onteiening noop al meer verantwoordelike strukture en organisasies om hul kommer daaroor uit te spreek. Dit is nou niks anders as sekere politici wat dit in eie belang as speelbal wil gebruik. Verantwoordelike Suid-Afrikansers besef die erns en belangrikheid van eiendomsreg.

Die DA, VF Plus, IVP en ACDP, saam met vele ander groepe en individue, het ook die ANC se moontlike verskuilde agenda raak gesien en die wysiging verwerp omrede dit volgens hulle voorsiening sal maak vir onteiening sonder vergoeding. Daar is ook kommer uitgespreek dat die wetsontwerp se breë definisie van eiendom daartoe kan lei dat die staat ook motors, pensioen, handelsname en kopiereg in “openbare belang” sal kan onteien. Dit sal verder afbreuk doen aan beleggersvertroue en nog meer skade aan Suid-Afrika se ekonomie doen, iets wat die land nie kan bekostig nie.

“TLU SA is verheug dat ander rolspelers ook die rooi ligte van die ANC se oorkoepelende transformasiebeleid raak sien. Ons verwag dat hulle dit in aanloop na die verkiesing baie sterk gaan dryf met die doel om kiesers te wen,” sê Van Zyl. “Dit is van kardinale belang dat elke Suid-Afrikaner hul voet neersit. Onteiening sonder vergoeding raak almal, nie net boere nie. Bates is nie net grond nie, en as die wysigings deurgevoer word, is die einde van privaat besit in Suid-Afrika in sig.”

Vakbonde soos die South African Parastatals and Tertiary Institutions Union (SAPTU) besef ook nou dat om ideologie na te streef, ‘n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika sal hê.

“TLU SA het groot waardering vir SAPTU wat in belang van alle Suid-Afrikaners manmoedig opgestaan het en onomwonde bevestig dat die wysing van die onteieningswetsontwerp nie in belang van Suid-Afrika se ekonomiese groei is nie,” meen van Zyl.

Foto elaine alexUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Onteiening – ‘n nuwe benadering word benodig.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.