Jou munisipaliteit of distriksraad moet volgens wet alle noodsaaklike dienste soos vullisverwydering, riolering, water en elektrisiteit te lewer. Dit is OOK die munisipaliteit se verantwoordelikheid om te verseker dat spesifieke ekonomiese en maatskaplike vlakke binne ‘n gebied gehandhaaf word. Dit sluit in dat verligting gebied word tydens en na ramptoestande en werksgeleenthede geskep word.
Dit word gedoen deur ekonomiese impakstudies aan te pak.
Indien jou munisipaliteit NIE hieraan voldoen nie, kan jy ‘n dispuut verklaar en uiteindelik jou eiendomsbelasting weerhou totdat dit wel gedoen word.
TLU SA beoog om munisipaliteite en distrikte aan te vat om sodoende dienste relevant tot eiendomsbelasting te verseker. Registreer nou as ‘n belanghebbende persoon sodat jy verteenwoordiging geniet wanneer ons jou munisipaliteit aanvat.
As jy ontevrede is met die diens wat jou munisipaliteit of distrik lewer, teenoor die tariewe wat jy daarvoor betaal, vul jou besonderhede hieronder in.
Jy sal ‘n e-pos van TLU SA ontvang wat die stappe vorentoe verduidelik en dan ook ‘n brief waarop jou besonderhede ingevul is, wat jy aan jou eie munisipaliteit moet stuur. Ons verskaf ook al die munisipaliteite/distrikte se kontakbesonderhede sodat jy weet waarheen om dit te stuur.
Dit is belangrik om hierdie eerste stap te neem, voordat jy ‘n dispuut kan verklaar en uiteindelik jou eiendomsbelasting kan weerhou totdat jou tariewe aangepas word.