James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Staan saam vir die reg op selfverdediging en veiligheid

Elke Suid-Afrikaner het die reg om sy of haar stem te laat hoor wanneer voorgestelde wetgewing 'n direkte invloed op hul veiligheid, gesin en toekoms kan hê.

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens kan verreikende gevolge vir wetsgehoorsame vuurwapeneienaars, boere en landelike gemeenskappe inhou. Daarom loods TLU SA hierdie veldtog om openbare steun teen die voorgestelde wysigings te mobiliseer en te wys dat Suid-Afrikaners nie stilbly wanneer besluite met só 'n groot impak oorweeg word nie.

Wat word voorgestel?

  • Selfverdediging word voorgestel om as rede vir 'n vuurwapenlisensie geskrap te word.
  • Strenger vereistes vir wettige vuurwapenbesit.
  • Sekere vuurwapens kan as verbode vuurwapens geklassifiseer word.
  • Strenger bepalings indien 'n vuurwapenlisensie verval.
  • Verpligte addisionele administratiewe en ballistiese prosesse.
  • Strenger vereistes vir jagters en sportskuts.
  • Wysigings aan bestaande vuurwapenkategorieë.

Waarom is TLU SA bekommerd?

  • Boere en landelike gemeenskappe woon dikwels ver van nooddienste en polisiestasies.
  • Wetsgehoorsame vuurwapeneienaars behoort nie vir die optrede van misdadigers gestraf te word nie.
  • Die voorgestelde wysigings kan die vermoë van landelike gemeenskappe om hulself te beskerm beïnvloed.
  • Die fokus behoort eerder op onwettige vuurwapens en gewelddadige misdaad te wees.
  • Die stem van die landbougemeenskap moet deel vorm van enige wetgewende proses wat hulle raak.

Beheer van Vuurwapens