Die alliansievennootskap wat in 2021 tussen die TLU SA en Ctrack gesluit is, skep ’n wen-wen-situasie vir albei hierdie instellings. Danksy die vennootskap kry Suid-Afrika se landbougemeenskap toegang tot die omvattende suite van Ctrack se moderne en doeltreffende opsporingstelsels en vloot- en batebestuur-oplossings.
Volgens Ctrack is sy vennote en kliënte die belangrikste deel van sy besigheid en hy werk onvermoeid om almal se volkome tevredenheid te verseker. Die maatskappy se trots Suid-Afrikaanse opsporingstelsels en oplossings is daarop gemik om die veiligheid en sekuriteit van die boeregemeenskap, voertuie en besighede te verseker, wat bydra tot groter gemoedsrus en gerief.
Ctrack se opsporingsoplossings help boere om koste te bespaar en om hul werkprestasie te verbeter deur meer doeltreffende beplanning en besluitneming, ongeag die tipe oes, plaas of vlootgrootte. Deur die verskaffing van kritieke inligting oor jou toerusting, kan jy jou bates, tyd en finansiële beleggings doeltreffender bestuur. Ons suite van GPS-moniteringstoestelle is ontwerp en vervaardig om die dikwels strawwe toestande en afgeleë streke in Suid-Afrika te kan hanteer, dus kan jy verseker wees dat jou landboutoerusting altyd behoorlik gemonitor word.
Ctrack se sleutel-fokusareas is die volgende:
Veiligheid en Sekerheid
Bestuursgedrag
Produktiwiteit en Doeltreffendheid
Beheer (Nakoming)
Batebestuur
Bates wat ons opspoor, sluit in:
Oesdorsmasjiene; Trekkers; Sleepwaens; Sproeimasjiene; Laaimasjiene; Heiningplanters/snoeiers; Baalmasjiene; Karweiers
Ctrack se omvattende diens aan die landbougemeenskap is daarop gemik om groter gemoedsrus vir almal te verseker danksy die volgende glanspunte:
Sigbaarheid t.o.v. onder meer die gebruiksure van toerusting, die rigting waarin hulle gebruik word, die kilometerafstand, diensskedule, ensovoorts
Visuele voorstelling: Met die Ctrack sagteware-applikasie kan jy sien waar, wanneer, hoe en vir hoe lank jou bates gebruik word
Batterygedrewe oplossings: Ctrack se BX500-toestel gee jou die opsie van ‘n batterygedrewe kompakte, mobiele oplossing
Die gebruik van toerusting is sigbaar op ’n satellietkaart, hetsy diagonaal, vertikaal of horisontaal
Opsommingsverslaggewing: Hiermee kry jy ’n opsommende beeld van die bedryfsure, gebruik en kilometerlesing van jou toerusting
24/7-Burodiens vir die aktiewe monitering van voertuie
Bykomende voordele, onder meer intydse waarskuwing, plek- en batebestuur, waarskuwing van moontlike diefstal of peutering, vloot- en bate-aktiwiteite is sigbaar op jou mobiele toestel
Kontak gerus Christa Claassens – by christa.claassens@ctrack.com of 072 546 6317 – om te hoor hoe Ctrack jou boerdery kan optimaliseer.









