ʼn Groep organisasies in die landbou-, werkgewers-, kleinsake- en burgerlike spasies, het saamgespan om die spesiale ruimte wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het om alternatiewe elektrisiteitverskaffing te stimuleer en die belastingintensiewe wat vir die doel geskep is, gekoördineerd te benut.
TLU SA, SAAI, Neasa en Agri X gaan die massa-projek fasiliteer. Dit bevorder nie ’n spesifieke diens, finansiering of hardeware verskaffer nie, maar stel ’n spyskaart van opsies voor wat elk sy unieke geleentheid bied. Die opsies is aanlyn beskikbaar en word verbreed namate meer geakkrediteerde leweransies beskikbaar word.
Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening van Eskom is een van die grootste struikelblokke in die mededingendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid van boere, ondernemings en bedrywe in Suid-Afrika. Suid-Afrika se ekonomie kreun onder die ondoeltreffendheid van Eskom.
Dit is egter moontlik om teen minimum, of self geen eie kapitaal nie, binne die raamwerk van die staat se intensiewe sonkrag op groot skaal uit te rol en aan huishoudings, besighede, nywerhede en plase te verskaf.
https://www.sonsa.co.za/tuisblad








