James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Regering faal SA…wéér

Vir die soveelste keer het die ANC-regering gewys hy stel nie die belange van Suid-Afrikaners en die toekoms van die land eerste nie as dit by besluitneming kom.

Dít is die enigste gevolgtrekking wat mens kan maak nadat die Parlement die week die Onteieningswet ingestem en dit na die Nasionale Raad van Provinsies vir finale goedkeuring gestuur het voor dit deur President Cyril Ramaphosa as wet geteken word.

Die Onteieningswet het ’n klousule wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding.

“Dit is verbysterend dat met die land se ekonomiese insinking, die werkloosheid en armoede daar steeds rolspelers is wat besluite neem wat beleggersvertroue afbreek en wat alles in hul vermoë doen om ons ekonomie nie tot by groei uit te bring nie. Die land se geskiedenis sal dié mense oordeel,” sê mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA.

“Dié stuk wetgewing is uiters kortsigtig. Wie sal enigsins belê in ’n land waar die staat sodanige magte aan homself toe-eien? Met ’n werkloosheidsyfer wat juis as gevolg van die ANC se transformasiebeleid weghardloop, is dit ’n ope vraag hoe die regering die pad vorentoe sien ten opsigte van beleggingsvertroue? Dit is immer die beginpunt van ekonomiese groei. Ekonomiese groei is terloops die enigste wyse hoe die sosio-maatskaplike realiteit wat elke dag vererger mettertyd opgelos kan word.”

Die beginsel van privaatbesitreg vorm die basis van welvaartskepping en moet ten alle koste beskerm word. Die weg wat die regering inslaan het wêreldwyd nog net armoede en baie hartseer veroorsaak.

“Ons is duidelik nie op die regte pad om ons land ekonomies te laat groei nie. Die regering van die land is besig om elke jongmens se toekoms te steel.”

Die regering is veronderstel om die klimaat en omgewing te skep vir entrepreneurs om besigheid te wil doen en te belê in die land.

“Maar nou het die ANC weer gewys hy stu net voort met wat goed vir hom as party is en nie wat in belang van die land en sy inwoners is nie. Dit is vir almal – behalwe die ANC – duidelik dat onteiening sonder vergoeding ekonomiese vooruitgang dit in al sy fasette verdoem.”

Kategorie:

Deel dit:

Regering faal SA…wéér

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.