Te midde van groot dele wat steeds gebuk gaan onder ’n erge droogte wat jare steeds met van die boere is, het groot dele in vernietigende brande duisende hektare weiding verloor. Ons wil graag baie dankie sê aan diegene wat op welke wyse uitgereik het om te help in daardie gemeenskappe.
Die dilemma is om voerskenkings teen astronomiese hoë koste te kan verskuif. TLU SA is deel van die Manna vir Boere-groep waar daar hande gevat word met verskeie organisasies om te kyk hoe kan daar gesamentlik die beste opsies uitgeoefen word. Indien daar boere is wat moontlik voer kan skenk sal dit waardeer word indien dit aan Lynette du Plessis deurgegee kan word by sentraal@tlu.co.za of 082 823 3399





