James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Traumafonds – ‘n baken van hoop vir baie.

Terwyl hulle wonder hoe hulle die diere gaan voer en ‘n spesiale kerstyd vir hul geliefdes gee, is TLU SA se traumafonds ‘n baken van hoop vir baie boere. Dis in ‘n boer se geaardheid om vir ander te sorg en hulle is ook die waardevolste deel van ons voedselwaardeketting. Geen boer wil sien hoe die diere een vir neersak weens honger nie, en nog minder wil hulle nie hul rol in die waardeketting volstaan nie.

Na ‘n droogte van vyf jaar en herhaaldelike uitbreking van bek-en-klouseer in die destydse Transvaal, is die TLU-droogtefonds in 1962 gestig. Die volgende jaar kon die TLU al die fonds aanwend, en met hulp van die publiek, tonne voer, weiding en vervoersubsidies aan die geteisterde boere beskikbaar stel. TLU SA volhard steeds op hierdie pad.

Vir ons boere is die ondersteuning deur TLU SA se traumafonds ‘n stukkie manna van bo, maak nie saak hoe groot of klein dit is nie.

“Mens kry sommer nuwe perspektief wanneer jy verneem dat daar nog mense is wat dink aan die kleiner boere. Ons almal probeer kop bo water hou en dan kom iemand met groot wysheid en omgee in sy hart en help ons op,” meen ‘n boer wat hulp ontvang het deur die TLU SA traumafonds.

As die laaste sakkie mielies of baal lusern uit die stoor gehaal word om vir die plaasdiere kos te gee, sak ‘n boer se moed tot in sy skoene. Maar as daardie selfde boer ‘n SMS kry dat hulp op pad is, kry hy weer nuwe krag en hoop.

Jy kan vandag ‘n boer se lewe verander. Jy kan hom weer soos ‘n kind op Kersdag laat voel. Jy kan sy baken van hoop wees.

Ondersteun asseblief ons boere in droogtegeteisterde gebiede. Die bok in jou beursie mag dalk net ‘n boer help om een in die veld te voer.

Volg die skakel vir besonderhede van TLU SA se traumafonds: https://www.tlu.co.za/droogte/

Foto: micheile henderson | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Traumafonds – ‘n baken van hoop vir baie.