James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Kongres 2024: Landbou móét seëvier

TLU SA se jaarlikse Kongres het vanjaar op 4 September 2024 by die WNNR in Pretoria plaasgevind. Hierdie spoggerige geleentheid het die weereens klem geplaas op die veerkragtigheid en innovasie van die Suid-Afrikaanse landbousektor te midde van toenemende uitdagings, van ekonomiese onsekerheid tot die bedreiging van privaat eiendomsreg en die afname in landelike veiligheid.

Een van die kernmomente van die kongres was die presidentsrede deur Henry Geldenhuys, waarin hy die tema “Landbou móét seëvier” ten volle omarm het. Hy het die kritieke rol van boere in die bou van ‘n volhoubare toekoms beklemtoon, ongeag die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Gedurende die Kongres het die gehoor insig gekry oor uiteenlopende kwessies, soos die rol van privaat eiendomsreg, wat deur ‘n dinamiese paneel bespreek is. Hierdie reg, soos dit duidelik gemaak is, is die grondslag van welvaartskepping en stabiliteit, en moet beskerm word te midde van toenemende bedreigings.

John Steenhuisen, die minister van landbou, het in ‘n videoboodskap dankie gesê vir wat TLU vir die landbousektor beteken en die gehoor daaraan herinner dat volhoubare landbou ‘n gedeelde verantwoordelikheid is, en dat die samewerking tussen die regering en landbou-organisasies van kardinale belang is om die sektor te versterk.

Die program het ook ‘n sterk fokus op tegnologie gehad, met Nico Groenewald wat die benutting van moderne landboutegnologie vir winsgewindheid bespreek het. Die aanwesiges het verder deelgeneem aan besprekings oor hoe landbouers hul winsgewendheid kan maksimeer terwyl hulle steeds volhoubaarheid vooropstel.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê: “Landbou moet seëvier, want dit is nie net ‘n beroep nie, maar ‘n roeping. Ons moet ons uitdagings aanpak, en saamstaan om oplossings te vind. Of dit nou oor privaat eiendomsreg, veiligheid, of volhoubare boerdery gaan, ons is hier om seker te maak dat die landboubedryf sterker en meer vasberade as ooit te vore vorentoe beweeg. Ons toekoms lê in die hande van ons boere, en dit is ons plig om hulle in elke manier moontlik te ondersteun.”

Henry Geldenhuys is as president van TLU SA herverkies en die adjunkpresident is Wannie Scribante.

Clemens Senekal, voorsitter van die TLU SA Jongboerkomitee, het ook sy visie vir jong boere in die landboubedryf gedeel.

Die Kongres het met ‘n viering van uitnemendheid deur die toekenning van pryse aan boere en organisasies wat ‘n noemenswaardige bydrae tot die sektor gelewer het, afgesluit.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Kongres 2024: Landbou móét seëvier

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.