James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Wian Süllwald bekroon as TLU SA Jongboer van die Jaar 2024

Wian Süllwald, ‘n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik, is op 4 September tydens die TLU SA Kongres 2024 by die WNNR met groot trots aangewys as die TLU SA Jongboer van die Jaar 2024. Hierdie prestasie is besonder merkwaardig, aangesien Süllwald die eerste varkboer is wat TLU SA se Jongboerkompetisie wen. 

Süllwald, wat saam met sy vrou Irmarie op die familieplaas woon, beskik oor hoë kwalifikasies in Ekonomie en Besigheidsbestuur, asook Astro Forex Training. Hy is al vier jaar lank aktief in die boerderybedryf en werk nou saam met sy pa en oom om die familieplaas te bestuur.

Sy verantwoordelikhede op die plaas is wyd en strek van die daaglikse bestuur en produksiebestuur en die teel van vervangingsdiere. Hy fokus ook op die instandhouding van gesondheid en kwaliteitstandaarde. Süllwald se boerderybedrywighede sluit varkproduksie, vleisbeeste, ‘n liefde vir perde en gewassevooruitskatting in. RK Boerdery het selfs aandele in ‘n vark-abattoir.

As die wenner van hierdie jaarlikse kompetisie deur TLU SA het Süllwald aansienlike pryse ontvang, insluitend ‘n bakkie wat vir ‘n jaar geborg word deur Hatfield Motor Group, ‘n reis na Parys geborg deur Manitou, en kontantpryse geborg deur Santam. Hy het ook ‘n boek ontvang, geborg deur Lig in Duisternis Uitgewers.

Süllwald se reaksie op sy oorwinning is een van nederigheid en dankbaarheid. “Dit is ‘n groot eer om te wen, veral as ek dink aan my pa en oom wat ‘n groot rol in my sukses gespeel het. Ek is ‘n produk van hul handewerk, en ek is dankbaar vir hulle as my mentors.”. Hy het ook die borge bedank vir hul bydraes tot die kompetisie en genoem dat hy reeds die bakkie wat hy gewen het, met trots bestuur.

Wian sien uit na sy besoek aan die Manitou-fabriek in Frankryk volgende jaar en is opgewonde om die produksie van masjinerie van naderby te beleef. Hy het ook van die prysgeld, wat hy van Santam ontvang het, weggesit vir sy vrou, Irmarie, sodat sy hom op hierdie avontuur kan vergesel.

Met ‘n agtergrond in professionele sport is Wian van nature kompeterend, maar hy erken dat daar ander jong boere is wat ook goed presteer. Sy boodskap aan mede-jongboere is: “Raak betrokke by georganiseerde landbou en reik uit na kundiges. Boerdery gaan vandag oor meer as net die praktiese aspekte daarvan. Leer by ouer of medeboere en maak ‘n verskil waar jy kan.”

Wian is vasberade om landbou te bevorder en ‘n verskil te maak waar hy kan, veral in die varkindustrie. “My hande staan oop om landbou te promoveer en mense kundig te maak. Dit is belangrik om ‘n bydrae te lewer,” sluit hy af. 

Kategorie:

Deel dit:

Wian Süllwald bekroon as TLU SA Jongboer van die Jaar 2024

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.