James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA se reaksie op die SEB regulering van die invoer en uitvoer van landbouprodukte

TLU SA neem met dank kennis van Sakeliga se standpunte oor die regulasies wat deur mnr. Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van die departement van landbou, op 3, 4 en 7 Oktober 2024 gepubliseer is.

TLU SA wil graag die geleentheid gebruik om sy stem by dié van Sakeliga te voeg, en opnuut TLU SA se standpunte oor SEB in die landboubedryf te benadruk.

TLU SA spreek homself sterk uit teen die wyse waarop die regering transformasie in die landboubedryf aanpak. Die departement van landbou het self erken dat 90% van die getransformeerde grond uit produksie onttrek is. Suid-Afrika kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Die beginsels van ekonomiese volhoubaarheid moet konsekwent toegepas word om voedselsekerheid en stabiliteit in die land te verseker én te handhaaf. Enige wetgewing moet ook aan hierdie beginsels getoets word om te verseker dat dit nie nadelige gevolge vir die ekonomie het nie.

Nuwe toetreders tot die landboubedryf moet die beginsels van ekonomiese volhoubaarheid toepas in hul bedrywighede en die verantwoordelikhede aanvaar wat daarmee gepaardgaan om ‘n landbouer te wees. Reeds in 2005 het TLU SA ‘n werkbare voorstel aan die regering gerig om transformasie op ‘n ekonomies verantwoordelike manier te implementeer, maar die ANC-regering het ‘n ander rigting ingeslaan. Bykans twintig jaar later sit die departement van landbou met ‘n 90% mislukkingsyfer wat hulle self erken en gepubliseer het. In plaas daarvan om ‘n suksesvolle plan te implementeer, sit die departement nou met ‘n mislukking. Die 10% nuwe toetreders tot die landboubedryf wat wel sukses behaal het, het dit nie danksy die regering se inmenging reggekry nie. Hulle het sukses behaal deur die beginsels van sukses toe te pas. Hulle streef na uitnemendheid en winsgewendheid. Die markkragte en die toets van winsgewendheid bly altyd die finale maatstaf. Daarom voel TLU SA dat dit tyd geword het om mense die geleentheid te bied om volgens die regte kriteria te boer. Voorstelle in hierdie verband is al in die verlede gemaak, en dit kan weer bespreek word, maar om voort te gaan met ‘n mislukkingsyfer en dan oor en oor te herkapitaliseer, dien nie die belange van die individu, die landbou of die land nie.

Die rol wat ‘n stabiele landbousektor in Suid-Afrika speel, is te belangrik om ondergeskik te wees aan enige politieke agenda. Daarom het TLU SA homself as organisasie nooit tot SEB verbind nie. Dit beteken nie dat TLU SA teen transformasie is nie, maar ons verwerp transformasie soos deur die regering beskou. Transformasie wat op ras gegrond is, is diskriminerend van aard. TLU SA sal slegs transformasie ondersteun indien dit ekonomiese transformasie behels, wat ekonomiese groei en werkskepping bevorder – tot voordeel van sy lede en Suid-Afrika as geheel.

TLU SA verbind hom dus slegs tot ekonomiese transformasie of bemagtiging en sal saamwerk met enige organisasie – ook die regering – indien dit in die belang van ons lede en die landbou in Suid-Afrika is.

Die dilemma waarin die landbousektor hom tans bevind, is dat die ANC-regering verskeie begrippe verpolitiseer het wat andersins ‘n goeie bedoeling kon hê. Daarom moet die vraag altyd wees: Wat is die werklike bedoeling van enige beleid? Indien dit nie daarop gemik is om op ekonomiese gronde die beste vir landbou te verseker nie, kan TLU SA dit ongelukkig nie ondersteun nie.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA se reaksie op die SEB regulering van die invoer en uitvoer van landbouprodukte

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.