James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Oorhandiging van Agri Skills Transfer-beurs aan Etienne Swart

’n Groot oomblik vir landbou en onderwys het Maandag 13 Oktober plaasgevind by die Martin Oosthuizen-skool in Kakamas, waar die Agri Skills-beurs amptelik aan Etienne Swart oorhandig is. Die oorhandiging is gedoen deur Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, en Johan Kruger van Agri Skills Transfer tydens die skool se saalopening.

Etienne, ’n entoesiastiese Graad 12-leerling met ’n duidelike roeping in landbou, is gekies as die ontvanger van hierdie waardevolle beurs wat verblyf, studies en lewenskoste insluit. Hy sal in 2026 sy landboudiploma begin studeer by Agri Skills Transfer, ’n instelling wat daarop gemik is om jong mense prakties en teoreties toe te rus vir die landbousektor.

Die Agriskills-beurskompetisie, aangebied deur Agri Skills Transfer in samewerking met TLU SA, is ’n inisiatief wat daarop fokus om jong talent in landbou te bevorder. Dit bied Graad 12-leerlinge die geleentheid om hul passie, visie en toewyding tot landbou te wys deur middel van ’n motiveringsbrief, ’n kort selfoonvideo en ’n meningstuk oor hul visie vir die toekoms van landbou.

“TLU SA glo dat die toekoms van landbou in die hande van ons jeug lê,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Ons is trots om saam met Agri Skills jong mense soos Etienne te ondersteun wat ’n werklike liefde vir landbou toon. Hierdie belegging is nie net in een jongman nie, maar in die volhoubare toekoms van landbou in Suid-Afrika.”

Met projekte soos hierdie wil TLU SA jongmense aanmoedig om ’n loopbaan in landbou te oorweeg en trots te wees op hul bydrae tot voedselproduksie en gemeenskapsontwikkeling.

Kategorie:

Deel dit:

Oorhandiging van Agri Skills Transfer-beurs aan Etienne Swart

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.