James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Begroting nutteloos sonder korrupsiebeheer en kundigheid

TLU SA wag in spanning om te sien of die regering op Woensdag 30 Oktober, met die eerste RNE-begroting binne Suid-Afrika se drasties veranderde politieke klimaat, werklik sal fokus op die bevordering van ekonomiese groei en die skepping van ‘n stabiele sake-omgewing.

“Geen begroting sal die gewenste effek hê as korrupsie nie eers uitgeroei word nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Om die staatskas aan te vul deur die belastingkerf te verhoog, bied ook nie ’n volhoubare oplossing nie – dit plaas bloot ’n verdere las op die reeds wankelende ekonomie.”

TLU SA onderstreep dat veiligheid en vertroue in die land se ekonomiese stelsel dringend aangespreek moet word. Daar is geen werklike groei moontlik sonder ’n omgewing waar die privaatsektor vryelik en vol vertroue kan belê nie. Die regering behoort die bestaande ESTA-wetgewing, wat ’n impak op die landbousektor het, te heroorweeg en die privaatsektor meer te ondersteun om landelike ontwikkeling te bevorder.

TLU SA beklemtoon dat die volharding in kaderontplooiing — ten koste van kundigheid — en die nalatigheid om korrupsie vas te vat, die volhoubaarheid van hierdie begroting verder ondermyn. “As die regering volhard met sy transformasieagenda en korrupsie nie aangespreek word nie, beteken enige begroting uiteindelik niks,” sê Van Zyl.

TLU SA sien uit om te sien of hierdie begroting werklik ‘n keerpunt sal wees — een wat uiteindelik die nodige veranderinge bring om Suid-Afrika se ekonomiese stabiliteit en vooruitgang te verseker.

Kategorie:

Deel dit:

Begroting nutteloos sonder korrupsiebeheer en kundigheid

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.