James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Cullinan Boere Unie TLU SA sien uit na 2025 se Goliat van Gat Pampoenfees

Cullinan Boere Unie TLU SA sien uit na die Goliat van Gat Pampoenfees 2025 wat op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub, Silverton, plaasvind. Pitte is gekoop, geplant, gewater en word nou vertroetel in die hoop om die 2025 wenpampoen te wees. Wat dink jy gaan 2025 se wenpampoen weeg? Gaan ons ‘n verbetering op die vorige rekord van 890kg sien?

Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, sê daar heers reeds groot opgewondenheid oor 2025 se kompetisie. 

Die 10 grootste pampoene wat vir die kompetisie inskryf, sal pryse wen. Daar is ook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar, waar die top drie pampoene in die junior afdeling ook prysgeld en erkenning ontvang. Maar dit is nie al nie! Daar sal ook pryse wees vir die mooiste en die lelikste pampoene. 

Vanjaar is daar ook die geleentheid vir ander groente om ‘n wenprys of twee te wen, so bring jou bieliekomkommer of reusetamatie en kom skryf in. 

As jy nie ‘n groenteboer is nie, maar ‘n handige kok, is daar vir jou ook die geleentheid om lekker pryse te wen. Inskrywings is oop vir enige pampoengereg wat jy tuis kan maak – of dit nou pampoenpastei, pampoentertjies, pampoenpoffers of enigiets anders is! 

Daar sal ook allerlei stalletjies wees wat lekker eet- en drinkgoed verkoop. Aansoeke vir stalletjies is nog oop. 

So, of jy nou jou pampoen wil inskryf, ’n stalletjie wil bespreek of net die wonderlike gemeenskap wil beleef, die Goliat van Gat Pampoenfees op 15 Maart 2025 is die plek om te wees.

Enige navrae kan aan Henri Combrink gerig word by 082 552 9428 of culliboer@gmail.com.

Klik hier en volg TLU SA op Facebook.

Lees ook: TLU SA dring aan op aksie teen onwettige dieselhandel

Kategorie:

Deel dit:

Cullinan Boere Unie TLU SA sien uit na 2025 se Goliat van Gat Pampoenfees

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.