James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Wet op bewaring van landbougrond is slegs sluier vir groter staatsbeheer

(Fotokrediet: Canva)

TLU SA verwerp die nuwe Wet op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond. Die landbou-organisasie meen hierdie wet is niks anders as ‘n sluier vir groter staatsbeheer en ‘n direkte bedreiging vir die toekoms van landbou in Suid-Afrika nie. Dit loop feitlik parallel met die Onteieningswet en dui op ‘n beplande aanval op boere se onafhanklikheid en besluitnemingsvermoë. Hierdie is nie ‘n poging om grond te beskerm nie – dit is ‘n poging om dit te beheer. Dit sou dalk ‘n beter keuse wees as die wet eerder die Regulering en Beheer oor Landbougrond genoem word. 

Die wet skep ‘n reguleringsmeganisme waarvolgens die minister van landbou gesag het om te bepaal hoe landbougrond in die toekoms gebruik mag word. Dit plaas boere onder streng beheer en stel swaar strawwe in, insluitend boetes van tot R10 miljoen of selfs tien jaar tronkstraf vir diegene wat hierdie regulasies sou oortree. Dit laat ernstige vrae ontstaan oor die pad vorentoe vir volhoubare landbou in Suid-Afrika.

TLU SA wil dit duidelik stel: Dit is boere self wat die bewaring van grond reguleer, nie die staat nie. Landbou is noodwendig volhoubaar, aangesien enige boer wat nie verantwoordelik boer nie, eenvoudig nie sal oorleef nie. Boere pas reeds bewaringspraktyke toe omdat dit noodsaaklik is vir hul voortbestaan en vir voedselsekerheid. “Dit is dus onaanvaarbaar dat die staat, wat nie oor die kundigheid of insig beskik nie, boere wil voorskryf hoe hulle hul grond moet bestuur,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. 

As die regering werklik ernstig is oor die bewaring van landbougrond, moet hulle eerder toesien dat hierdie grond nie vir ander doeleindes soos mynbou aangewend word nie. Jare lank het die staat gestaan en toekyk terwyl landbougrond deur mynbou oorgeneem en besoedel is. Net so is daar min politieke wil om landbou se kritieke hulpbronne, soos water, teen besoedeling te beskerm. Dit is hierdie fundamentele uitdagings wat aangespreek moet word – nie verdere staatsbeheer oor boere se grondgebruik nie.

Hierdie wetgewing herinner sterk aan die sentralistiese modelle van die voormalige Sowjetunie, waar die staat bepaal het watter grond vir watter produksie gebruik mag word. Hierdie sosialistiese modelle het wêreldwyd misluk en slegs verarming en hongersnood tot gevolg gehad. Dit is duidelik dat die regering hiermee weereens die Grondwet vertrap deur te probeer voorskryf hoe die ekonomie moet funksioneer en boere se reg op vryemarkbesluitneming te ondermyn.

Die vryemark verseker dat grond optimaal  en volhoubaar benut word, aangesien winsgewendheid noodsaaklik is vir voortgesette produksie. Die regering se toenemende ingryping bedreig die dinamika van werkskepping en welvaartskepping in landelike gebiede en sal uiteindelik voedselsekerheid in die land benadeel.

TLU SA dring daarop aan dat hierdie wet onmiddellik geskrap word. “Ons sal voortgaan om vir boere se regte te veg en sal nie stilbly terwyl die regering sy sosialistiese ideologie op die landboubedryf afdwing nie,” sluit Van Zyl af. 

Kategorie:

Deel dit:

Wet op bewaring van landbougrond is slegs sluier vir groter staatsbeheer

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.