Geregtigheid geld vir almal

In ‘n land waar rassespanning telkens dreig om op te vlam, is dit verontrustend om waar te neem dat dit wil voorkom of die wet selektief toegepas word. Dit is onaanvaarbaar en sal geen bydrae lewer tot die stabiliteit van die land nie.

In Groblersdal word Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Willem Petzer en Francois van der Merwe aangehou terwyl mnr. Dries Olivier ook gevra was om hom aan die polisie oor te gee.

“Ons gaan ons nie bemoei met die meriete van hierdie saak nie,” sê mnr. Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA se Noordstreek. “Waar mense in konflik met die gereg kom, moet die gereg sy loop neem en moet die uitkoms daarvan, na welke kant ook, gerespekteer word.
“Ons wil wel daarop wys dat drie van hierdie manne hulleself wel aan die polisie gaan oorgee het toe hulle gevra was om te doen. Duidelik is hulle geen vlug risiko nie, en sou ‘n waarskuwing of onmiddellike borg waarskynlik voldoende gewees het, eerder as om hulle op te sluit,” sê mnr. Van de Graaf.

“Skynbaar is een van die klagtes teen hulle dat hulle openbare geweld gepleeg het of aanhitsing daartoe gepleeg het.

“Dieselfde naweek dat hulle opdrag gekry het om hulleself oor te gee aan die polisie, het die EFF-leier, Julius Malema, voor ‘n propvol stadion sy berugte lied ‘Kill the boer, kill the farmer’ gesing. As dit wat die jongmanne na bewering voor ‘n handjievol mense in Groblersdal gedoen het, neerkom op opsweping, is dit wat Malema voor ‘n propvol stadion gedoen het, opsweping kwadraat! Maar hy is nie aangesê om hom by ‘n polisiekantoor te gaan oorgee om gearresteer te word nie, wat neerkom op selektiewe toepassing van die regspleging,” sê mnr. Van de Graaf.
Intussen het daar in die week opvolgend tot Malema oproep, weer landwyd ‘n hele aantal plaasaanvalle plaasgevind. “Natuurlik gaan geargumenteer word dat dit nie aan Malema se oproep gekoppel kan word nie, maar tog skep hy ‘n klimaat daarvoor. Die ergste is dat dit wil lyk of die land ontaard in ‘n mafia-staat waar geen respek vir sy grondwet bestaan nie en waar viktimisering en intimidasie van rasgroepe hand-uit ruk.

“Dit is onaanvaarbaar en die landbougemeenskap dring nou aan op die inhegtenisname van Malema op klagtes van aanhitsing,” sê mnr. Van de Graaf.

Photo by Darwis Alwan

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.