Hof erken landbouers se waarde in ekonomie

TLU SA en die gemeenskap rondom Dendron in Limpopo is verheug dat die hof die waarde van landbouers in die ekonomie erken.

Landdros Charlene Govender het die borgaansoek van die drie beskuldigdes in die aanval op Chris en Leonise Joubert van Dendron, verwerp, en hulle bly in aanhouding tot die verhoor begin. Die aanval het op 6 Augustus vanjaar plaasgevind en die beskuldigdes is in samewerking met die landelike veiligheidstrukture binne ses uur in hegtenis geneem. ‘n Verhoordatum is nog nie vasgestel nie.

Landdros Govender het in die Morebeng (voorheen Soekmekaar) Landdroshof melding gemaak van die  geweldige ekonomiese inpak wat ‘n plaasaanval het, veral in Limpopo waar landbou die grootste direkte en indirekte werkgewer is.

Sy het verder verwys na die maatskaplike onrus wat plaasaanvalle op die gemeenskap in die algemeen het en politieke polarisasie wat dit meebring.

“Ons is oortuig dat die vreedsame optogte na die Soekmekaar Landdroshof en die optogte in Hartswater, Thabazimbi, en Naboomspruit deur die hof raakgesien is,” sê mnr. Drickus Botha, die streeksbestuurder van TLU SA se Noordstreek. “Ons is verheug dat hulle kennis neem van die pyn wat so ‘n aanval in ‘n gemeenskap veroorsaak. Ons wil elkeen wat ‘n optog bygewoon het bedank vir hulle steun. In Soekmekaar het dit werklik ‘n rol gespeel.”

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       27 Oktober 2020

 

Navrae:                       Mnr Drickus Botha, Streekbestuurder TLU SA Noord

                                    Sel.: 082 774 9287

Mnr Henk van de Graaf, Voorsitter TLU SA Noord

                                    Sel.: 076 563 3800

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.