James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

KragDag: Die doen-jou-eie-ding ekspo

Dit is byna tyd vir die Sakeliga KragDag 2019 ekspo, vanjaar aangebied van 8-10 Augustus op Diamantvallei Landgoed (https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/roete-aanwysings), 20km oos van Pretoria.

KragDag is die grootste alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo in die land (verlede jaar deur 15 700 mense bygewoon) en word vanjaar reeds vir die elfde keer aangebied.    

Die ekspo het in 2008 ontstaan toe alternatiewe vir Eskom kragvoorsiening nog nie vrylik beskikbaar was vir die publiek nie, en KragDag ‘n handjie vol kragvoorsieners bymekaar gebring het. Dit het egter gegroei tot ‘n ekspo wat vandag vir besoekers ‘n verskeidenheid doen-jou-eie-ding lewenstyloplossings bied. Hieronder val energiebesparing, sonkrag, veiligheid, nuwe tegnologie, opvoedkunde, buitelugkragtoerusting en vele meer. Alhoewel dit ‘n leersame geleentheid is, word dit in ‘n karnaval atmosfeer aangebied en is groot pret vir die hele gesin.

https://youtu.be/LD1BjRq57-w

Dit is ook die eerste keer wat ‘n volwaardige landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA, by die bestaande 350 uitstallers gevoeg word, en vandaar ook die tema vir vanjaar: ‘n boer maak ‘n plan!

Besoekers kan vanjaar uitsien na meer as 450 uitstallings (https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/lys-van-uitstallers), ‘n raadsaal program met bekende sprekers waaronder Dawie Roodt, Anthea Jeffery, Francois Durand en Fergus Fergusson. By die landbou sub-ekspo is daar boonop die Toyota Junior-Afslaers se Noordelike Streekskampioenskappe, Diamond L se Slaglamkompetisie, veerastentoonstellings en verskeie sprekers in die twee lesingstente wat bekendes insluit soos Dr. Faffa Malan, Felix Reinders en Dr. Chris van Dijk. ‘n Arena sorg ook vir aanskoulike vertonings soos berede boogskiet, ‘n middeleeuse geveg demonstrasie en ‘n hommeltuig demonstrasies.

KragDag is passievol oor entrepreneurs, en bied weer ‘n Junior Entrepreneurskompetisie (https://www.kragdag.co.za/dokumente/Inligtingstuk%20KRAGkidz%20Junior%20Entrepreneurs%20(2019).pdf)  aan waar jong mense tot die ouderdom van 21 hulle produkte aan die besoekers kan bekendstel. Groot kontantpryse, asook besigheidsafrigting en kursusse kan gewen word.

Daar is ook vermaak vir die res van die gesin met ‘n snuffelmark, ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies, ‘n biertuin vir die dorses en ‘n speelpark en boeresport vir die kinders.

Die opvoedkunde sub-ekspo, wat veral fokus op alternatiewe vir staatsonderwys, verdien ook spesiale vermelding.

Besoek http://www.kragdag.co.za vir besonderhede oor alles wat jy vanjaar by die ekspo te wagte kan wees.

Toegang beloop slegs R90 by die hekke, maar besoekers kry die geleentheid om gratis kaartjies te bekom indien hulle met ‘n unieke e-pos adres op die webtuiste (https://www.kragdag.co.za/besoeker/registrasie/gratis) registreer. Kinders tot die ouderdom van 18 jaar kan ook gratis ingaan.

Die oorvloed uitstallings en aktiwiteite wat aangebied word, maak dit eintlik wenslik om meer as een dag van die ekspo by te woon en om soveel as moontlik van die feestelikheid van die ekspo in te drink is daar ’n gesellige kampeer terrein op die perseel ingerig. Vir die wat meer gemakliker verblyf benodig is daar ook verskeie akkommodasie opsies in die omgewing beskikbaar. Besoek gerus die Akkommodasie (https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/akkommodasie) blad op die webtuiste.

Ondernemings wat inpas by die doen-jou-eie-ding tema en graag by KragDag wil uitstal, kan 087 231 1644 skakel vir meer inligting.

Kategorie:

Deel dit:

KragDag: Die doen-jou-eie-ding ekspo

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.