Statistiek Suid-Afrika het onlangs die resultate van hulle 2017 landbou opname bekend gemaak. Dit vertel nogal ‘n interessante storie oor landbou in Suid-Afrika. Die opname is gedoen onder alle landbou besighede wat vir BTW geregistreer is.
Daar is 4 829 geregistreerde plase in die Noord-Kaap provinsie. Dit is 12% van die nasionale totaal. Die totale landbougrond in die provinsie is 17.2 miljoen hektaar wat 46% is van die totale oppervlakte van Noord-Kaap. Noord-Kaap is die 9de grootste provinsie t.o.v. landbou inkomste verdiener. Dit is R18,7 biljoen. Die Noord-Kaap is skaapwêreld. 16% van die land se skape is in die Pixley ka Seme distrik. Vir elke 1 inwoner in die distrik is daar 6 skape. Dit is ook die grootste lusern produserende area en is ook 2de wat die produksie van druiwe aanbetref.