Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Een plaasaanval, is een te veel. Een plaasmoord, is een te veel. Daarom sal TLU SA aanhou werk om boere veilig op hul plase te hou.

Dít is die boodskap van TLU SA aan boere ná sy pas afgelope simboliese virtuele staptog teen plaasaanvalle en -moorde.

Daar is in die bestek van 24 uur virtueel 6065km afgelê. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.

Sedert 1990 is 2182 plaasmoorde aangemeld en meer as 6000 plaasaanvalle. (TLU SA werk streng volgens saaknommers om statistieke te bepaal. Sedert die simboliese staptog beplan is, het die syfers verander. Daar was nou al 2183 plaasmoorde en 6070 plaasaanvalle.)

“Ons is dankbaar vir elke persoon wat deelgeneem het aan die simboliese gebaar om hul solidariteit aan boere te wys. Die boodskap is duidelik dat boere nie alleen staan in hul stryd om veilig op hul plase te bly nie,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder gesê.

“Ons boere waardeer die ondersteuning veral in die ekstra uitdagende tyd waar groot deel van ons land se boere probeer oes in ekstra moeilike omstandighede. Ons boodskap aan ons lede, boere van Suid-Afrika en inwoners van die land is dat ons as TLU SA nie sal op hou werk nie aan die taak om ons land se boere veilig en volhoubaar op hul grond te hou.” 

Suid-Afrikaners besef nie altyd die groot impak wat hierdie aanvalle op landbou as ’n geheel en uiteindelik voedselproduksie, het nie.

Die vernaamste doelwit van die staptog was om genoeg aandag op die misdade te fokus sodat die regering gedwing word om meer as net leë woorde oor die erns van die situasie te spreek. Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdaad dieselfde aandag en aksie geniet as ander ernstige misdade.

“Ons besef dat geen veldtog of protesoptog op sy eie misdaad kan stop nie, maar dit is belangrik om só bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal. TLU SA weet dat dit in die hande van die gemeenskap lê om misdaad te bekamp aangesien daar by die regering die politieke wil ontbreek om die situasie te beheer,” het mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President gesê.

TLU SA gaan ook van die geleentheid gebruik maak om korrespondensie aan verskeie ambassades in die land te stuur om so ook weer die erns van die saak om sowel die binneland as die buiteland se aandag te bring.

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI