James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Maak beswaar teen grondonteiening sonder vergoeding, vra TLU SA

TLU SA het vandag ‘n veldtog bekend gestel om Suid-Afrikaners aan te moedig om steeds kommentaar te lewer teen die wysiging van art. 25 van die grondwet rakende grondonteiening sonder vergoeding.

“President Ramaphosa se regering het eensydig besluit dat die grondwet gewysig moet word en nie ag geslaan op die insette wat die gevolge van so ‘n wysiging duidelik uitgespel het nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Ons uitgangspunt is, en was nog altyd, dat grondonteiening sonder vergoeding ‘n bedreiging tot privaat besitreg en die vryemarkstelsel is.

“Die wysiging gaan Suid-Afrika se ekonomie vernietig en ‘n noodlottige effek op voedselsekerheid hê. Ons kan en sal nie deel wees van hierdie vernietiging nie. Grondonteiening is níé belangriker as kos op die tafel nie.”

Die publiek het nou tot Februarie die geleentheid om oor die bewoording van die wysigings kommentaar te lewer.

“Die konsepwetgewing oor hierdie wysiging word eenvoudig deur die parlement gestoomroller,” sê mnr. Meintjes. “Met hierdie veldtog doen ons ‘n dringende beroep op Pres. Ramaphosa en die voorsitter van die ad hoc-komitee getaak met die bewoording van die artikel, Dr Mathole Motshekga, om eerder te fokus op hoe die wysigings en bewoording daaruit behoort te sien om eiendomsreg te versterk en te verhoed dat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Dit is in belang van elke inwoner van Suid-Afrika.”

Suid-Afrikaners kan die veldtog ondersteun deur die volgende skakel te volg: https://www.tlu.co.za/grondonteiening/

Kategorie:

Deel dit:

Maak beswaar teen grondonteiening sonder vergoeding, vra TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.