Mediaverklaring: Besluit om voort te gaan met grondonteiening sonder vergoeding is kortsigtig – TLU SA

Die besluit van die ANC-regering om voort te gaan om wetgewing rondom artikel 25 van die Grondwet – wat handel oor onteiening sonder vergoeding – te verander, is kortsigtig.

‘n Mosie oor die ad hoc-komitee wat die wysigings aan die wetgewing moet hersien en implementeer, is vandag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die komitee sal voortgaan waar die vyfde parlement in Desember 2018 opgehou het, en moet teen einde Maart 2020 terugvoer aan die Nasionale Vergadering gee.

“Onteiening sonder vergoeding sal nie enige goeie resultate meebring nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Navorsing toon dat die meeste aansoekers nie die kennis of vermoë het om grond wat nou winsgewend tot die landelike en nasionale ekonomie bydra, volhoubaar te bestuur nie en in elk geval eerder verkies om finansieel vergoed te word as om met die grond opgesaal te word.

“Die verlede het ook reeds gewys dat die meeste grond wat voorheen onteien is nou nutteloos lê omdat die regering die nuwe eienaars nie voldoende bygestaan het om dit suksesvol te bestuur nie.”

TLU SA staan by die mening dat dit uiters onverantwoordelik is om met hierdie wysigings voort te gaan. Dit het nie net ‘n direkte invloed op boere, hulle werkers en die platteland nie, maar ook op die vertroue wat buitelandse beleggers in die land het.

“Wanneer ‘n belegger se privaat besitreg in gedrang is, sal dit vanselfsprekend nie wys wees om dan jou bates daar te belê nie,” sê mnr. Meintjes.

“Dié tipe besluite het ook ‘n invloed op die veiligheid van boere met ondersteuners van Andile Mngxitama van die BLF en soortgelyke denkers wat opgesweep word deur die proses en dan die reg in eie hande neem.

“President Ramaphosa het net verlede week gesê dat hy plaasmoorde veroordeel, maar vandag maak sy regering besluite wat dit heeltemal weerspreek.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       25 Julie 2019

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                       Sel.: 082 461 7262

 

                                       Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                      Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.