Mediavrystelling: TLU SA stel Finansiële Welstand Lessenaar bekend – Druktoets bepaal finansiële welstand binne minute

TLU SA stel vandag die eerste nasionale Finansiële Welstandopname en -Lessenaar vir boere bekend.

As ‘n organisasie wat werklik die belange van boere op die hart dra, is TLU SA uiters bekommerd oor die finansiële stabiliteit van sy lede, gegewe die volgende volmaakte storm in die boer se omgewing:

  • Plaasaanvalle;
  • Droogte en klimaatsverandering;
  • Onteiening van grond;
  • Gebrek aan regeringshulp;
  • Verhoogde verstedeliking wat die vaardigheid, kennis en toekomstige leierskap van plase af neem;
  • Langer leeftye en inflasionêre druk is ‘n versnelling tot lewenslange risiko; en
  • ‘n Tendens van verskuilde belasting in die land waar sake-eienaars betaal vir verpligte wetgewende koste, soos opleidingsheffings en minimum loonverhogings, wat verhoogde finansiële druk vir die boer bring sonder enige wetenskaplik-gewaarborgde produktiwiteitsverhoging.

TLU SA is ‘n organisasie wat optree en daadwerklike oplossings en ondersteuning aan ons lede beskikbaar stel. Ons help ons lede om hulle finansiële welstand te versterk deur hulle blootstelling te gee aan unieke hulpmiddele, doeltreffende oplossings en finansiële beplanningstegnologie van die hoogste gehalte.

Die nuutgestigte TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar is ‘n diens wat al hierdie voordele saambondel.

Die Lessenaar is gesetel by die TLU SA Hoofkantoor in Silverton, Pretoria en sal onder die leiding van Kobus Oberholster, ‘n landbouspesialis finansiële adviseur, leiding en ondersteuning oor finansiële sake bied. Mnr Oberholster is gelisensieer en geakkrediteer onder Atooh Consulting Services* en het reeds jare lank ‘n sterk vertrouensverhouding met die leierskap van TLU SA.

“Lede kan hierdie inisiatief beskou as ‘n reddingsboei waarmee hulle kan verseker dat hulle bewus is van alle beskikbare finansiële meganismes, en dit ten volle benut gedurende onstuimige en onsekere finansiële tye,” verduidelik Mnr Oberholster.

Die eerste hulpmiddel wat deur die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar aan lede en ondersteuners beskikbaar gestel word, is die Finansiële Druktoets, wat van vandag af aktief is.

“Lede kan in minder as vyf minute en deur slegs 10 vrae te beantwoord, hulle bestaande finansiële welstand bepaal en sodoende die eerste stap neem om die rigting van hulle finansiële reis aan te pas,” sê Mnr Oberholster. “Deur hierdie aksie kwalifiseer lede ook om ‘n krities-belangrike finansiële rekord – wat ons die Lewenslêer noem – tydens ‘n gratis konsultasie deur ‘n geakkrediteerde adviseur te ontvang.”

TLU SA-lede en -ondersteuners kan toegang tot hierdie aanvanklike en noodsaaklike hulpmiddel ontvang deur aan ‘n kort opname met vyf vrae deel te neem. Die resultate van die opname sal bydra om TLU SA en ons lede met waardevolle insig oor die vlakke van finansiële gereedheid met die oog op toekomstige finansiële aanslae, te voorsien.

Die vyf-vraag-opname is beskikbaar by hierdie skakel: https://form.myjotform.com/90971984815573.

*Attooh Consulting Services PTY LTD (FDV nr 18147) is ‘n geakkrediteerde finansiële diensteverskaffer.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.