Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA het op 21 Februarie 2021 ‘n skrywe aan die Minister van Gesondheid gerig om te vra dat plaaswerkers as prioriteitsgroep oorweeg moet word vir inenting teen Covid-19. Plaaswerkers verrig ‘n noodsaaklike diens en is sedert die begin van die inperking as sodanig geklassifiseer.

Die potensiële blootstelling van werkers aan Covid-19 is aansienlik hoog en dit sal skadelik wees indien produksie-eenhede in isolasie geplaas moet word in die geval van ‘n uitbreking.

“Ons het tot op hede nog geen reaksie van Minister Zweli Mkhize ontvang nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president  van TLU SA. (Sien skrywe onder.)

TLU SA het sedert die begin van die pandemie die standpunt gehuldig dat alles moontlik gedoen moet word om die virus te beveg, maar dat dit gedoen moet word met ‘n funksionerende ekonomie. Deur die ekonomie erg in te perk, word ‘n tweede bedreiging, naamlik armoede en hongersnood, geskep.

“Ons het ‘n balans nodig om seker te maak dat hierdie twee bedreigings albei die hoof gebied word,” sê Geldenhuys.

Die noodsaaklikheid om die voedselkettings en produksie in stand te hou, is een van die belangrikste dinge wat tans nodig is. Ons kan nie bekostig dat plase in kwarantyn geplaas moet word, sou daar ‘n Covid-19-uitbreking plaasvind nie.

Wat TLU SA bekommer, is dat president Cyril Ramaphosa bekend gemaak het dat Fase 2 in middel-Mei gaan begin en dat 5,5 miljoen mense ouer as 60 jaar, met onderliggende siektetoestande, tussen 17 Mei en 31 Julie ingeënt gaan word.

TLU herhaal sy dringende oproep aan die minister om die inentings van plaaswerkers te prioritiseer.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       31 Maart 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan
POPI

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons