Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Nuwe kragplan net die begin Dinsdag | 26 Julie | 2022

Die nuwe kragplan van president Cyril Ramaphosa het ’n paar idees waarmee TLU SA saamstem, veral die deur wat oopgemaak is vir privaat-insette om krag te lewer, maar solank as wat die ANC voortstu met sy transformasiebeleid sal die poging tot herstel nooit heeltemal suksesvol wees nie.

“Dié kragplan is dalk in ’n klein mate ’n poging tot herstel van ’n transformasiebeleid waar die ANC deur middel van kaderontplooiing, SEB en regstellende aksie mense aangestel het wat eenvoudig net nie oor die vaardighede, kennis en kundigheid beskik wat nodig is om die werk te verrig nie. Dié mense sit nou in posisies waar hulle nie hul werk wil of kan doen nie,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

“Daar is steeds binne Eskom ’n groep wat die kragvoorsiener se poging om krag te lewer probeer saboteer vir eie gewin. Eskom moet sy huis in orde kry. Wat die president eintlik moes aankondig, was die afskaffing van transformasie. Net kundigheid moet ’n rol speel.”

Die rol van vakbonde moet ook aangespreek word in die kragkrisis.

“Die belaglike looneise en stakings wat die vakbondlede gebruik om Suid-Afrika gevange te hou, is onaanvaarbaar. Hul optrede veroorsaak dat werkgewers in die algemeen al hoe meer wonder of dit nog die moeite werd is om arbeiders aan te stel.”

Met verwysing na die energie krisis-komitee wat ’n groot rol gaan speel, sê mnr. Van Zyl dat daar baie vrae is oor die presiese rol, mag van die komitee en die kundigheid.

“TLU SA se standpunt is steeds en sal altyd wees: die beleidsomgewing moet verander. ’n Ommeswaai is nodig vir ware vooruitgang en sukses.”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309

sluit aan

Sluit aan
POPI

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309