Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Om te boer, is opdrag én roeping Woensdag | 16 Februarie | 2022

Om te boer is ’n beroep wat uit die Skepping voortspruit en ons het ’n Goddelike opdrag om oor die grond waaroor ons beskik te bewaar en dit te bewerk. Dit is ’n edele beroep.

Só praat Jannie Roux, TLU SA se Streeksvoorsitter in die Noord-Kaap. Dié streek is een van die mees ongenaakbare vir boere in Suid-Afrika. Daar is die aanhoudende droogte en onlangs ook ’n sprinkaanplaag.

Volgens Jannie was sy liefde vir landbou nog altyd net daar. “Van kindsbeen af is my liefde vir boer deur my ouers aangemoedig. Ek het groot geword met ’n lewe begrond in die Woord, selfwerksaamheid en gemeenskapsbetrokkenheid.”

Jannie glo dat elke Suid-Afrikaner ’n rol in die verbetering van ons land moet speel. Sy wens vir Suid-Afrika en haar inwoners is dat elke kultuur-groep die geleentheid gegee moet word om te groei. “Dit is moontlik om in harmonie met mekaar saam te leef as ons wedersydse respek vir mekaar het, en ons begronding in die Bybel se voorskrifte vind.”

Ontwikkeling en instandhouding is vir Jannie van kardinale belang. “Ek glo TLU SA kan ’n verskil maak as elke gemeenskap in samewerking met TLU SA oor homself sal waak en uitbou wat betref gemeenskap ontwikkeling en struktuur instandhouding.”

Met die oog op TLU SA se Jongboer-konferensie in Maart, doen Jannie ’n beroep op die volgende generasie Suid-Afrikaanse boere. “Dit laat my bors van trots swel as ek daaraan dink dat ons jongboere skouer aan die wiel sit en ongeag al die negatiewe in die land kop optel en ’n verskil wil maak.”

 

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI