Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Jong boere van regoor die land moet vinnig spring om vir die 2021 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie in te spring. Die sluitingsdatum is 18 Junie 2021.

Die kompetisie – in samewerking met Santam Landbou, Manitou, CMH Ford en Introlab – het oor die jare baie gewild geraak met groot pryse, waaronder ‘n oorsese reis na Parys, Frankryk vir die wenner, op die spel.

Vorige deelnemers is dit eens dat dit nie net die wenner is wat iets uit die kompetisie wegneem nie.

“Die kompetisie is ‘n baie goeie maatstaf om te kyk of jy dinge reg doen in jou boerdery,” sê Henna du Plessis, die voorsitter van TLU SA se Jongboerkomitee en voormalige wenner. “Die beoordelaars lê besoek af by jou plaas vir beoordeling maar die terugvoer wat hulle gee is baie waardevol omdat hulle met ‘n vars oog en kundigheid na jou besigheid kyk.”

Die paneel van beoordelaars word saamgestel uit onbevooroordeelde kundiges in spesifieke landboukundige velde wat ’n objektiewe wetenskaplike metode gebruik om die wenner aan te wys aan die hand van internasionale bestuurskriteria.

Danie Bester, die wenner van verlede jaar se kompetisie, stem saam dat die terugvoer oor die boer se boerderytegniek ‘n goeie inset lewer tot die toekomstige sukses van die boerdery.

“As jy natuurlik wel wen, is dit ‘n kloppie op jou skouer wat jou die erkenning gee dat jy iets reg doen,” sê hy.

Jong boere van 35 of jonger wat lede van TLU SA is, kan vir die kompetisie inskryf.

Die finaliste word op hulle plase deur die paneel beoordelaars besoek, waarna die wenners tydens die kongres op 1 September bekend gemaak sal word.

Inskrywings kan direk aan die betrokke streeksbestuurder (of streeksvoorsitter) gestuur word.

Noord – Drickus- drickusb@gmail.com

Noord-Wes /Vrystaat – Jannie – jannieraath@yahoo.com

Oos/Natal – Ronnie – r.schilling@live.co.za

Sentraal – Lynette – sentraal@tlu.co.za

Wes-Kaap – Bennie – liebenberg@breede.co.za

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       14 Junie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan
POPI

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons