Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Plaasaanvalle nie gewone misdaad Donderdag | 09 Junie | 2022

Plaasaanvalle en -moorde het ’n reuse-impak op die menswees van die boere, hul families en werkers…dit verander hul uitkyk op die lewe.

Suid-Afrika se boere, hulle gesinne en werkers word al hoe meer en al hoe meer brutaal aangeval en vermoor. Suid-Afrikaners besef nie altyd die groot impak wat hierdie aanvalle op landbouers en landbou as ’n geheel het nie.

Om dié rede nooi TLU SA alle Suid-Afrikaners om op 16 en 17 Junie virtueel saam te stap in protes teen plaasaanvalle en -moorde.

Met die staptog hoop TLU SA om genoeg aandag op die misdade te fokus sodat die regering gedwing word om meer as net leë woorde oor die erns van die situasie te spreek. Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdaad dieselfde aandag en aksie geniet as ander ernstige misdade.

“Ons besef dat geen veldtog of protesoptog op sy eie misdaad kan stop nie, maar dit is belangrik om só bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal. TLU SA weet dat dit in die hande van die gemeenskap lê om misdaad te bekamp aangesien daar by die regering die politieke wil ontbreek om die situasie te beheer.”

Die plan is om binne 24 uur virtueel 6065km te stap. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.

Sedert 1990 is 2183 plaasmoorde aangemeld en meer as 6000 plaasaanvalle. (TLU SA werk streng volgens saaknommers om statistieke te bepaal.)

“Om op die toneel van ’n plaasaanval of -moord te kom, is iets wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Dit is tragiese tonele gekenmerk deur uiterse geweld…jy kan en wil jou nie indink nie. Om te sien hoe daar baklei is om te lewe, die marteling. Dit is moeilik om oor te praat. Ek gee nie om wat mense sê nie, plaasaanvalle en -moorde is nie net nog ’n misdaad nie. Daar is ’n haat en wreedheid betrokke wat jou verslae laat.”

Volgens mnr. Geldenhuys mag boere, hul families en werkers nie opgee nie.

“Ek glo dat daar altyd hoop is, want ons weet waar ons hulp vandaan kom. Die Hand van Bo is altyd daar. Ek put verder my hoop uit die 10% van boere en lede van die gemeenskappe wat altyd bereid is om die ekstra drie of vyf tree te gee vir veiligheid.

“Onthou, veiligheid begin by jouself. Jy moet aktief betrokke wees. Solank dit nie gebeur nie, sal dinge nie verander nie. Ek glo die tyd is nou vir verandering.”

Mnr. Geldenhuys het ook verwys na die suksesvolle rol wat buurt- en plaaswagte speel en die positiewe impak.

“As jy die staptog ook wil ondersteun en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is, registreer en laat jou naam op die lys van ondersteuners verskyn. Jy sal dan ’n e-pos ontvang met nog inligting, maar, intussen kan jy solank op jou sosiale media platforms deel dat jy die projek ondersteun met die hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa,” het Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder vertel.

“As jy egter meer betrokke wil wees en jou ondersteuning op ’n aktiewe manier wil wys, hier is nog ’n paar opsies om deel te wees van die veldtog:

As jy wel ter ondersteuning wil stap of hardloop – 6km of 6065 tree – neem foto’s en deel dit met ons op Facebook of Instagram met die veldtog se hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa.”

Datum

16-17 Junie (07:00)

Registreer

Hier is die skakel om te registreer en deel van die staptog te wees https://stapsaam.co.za en as jy wil sien hoe lyk die roete besoek https://stapsaam.co.za/stap-saam/

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI