SONA: Laat geen (kaders) agter nie.

President Cyril Ramaphosa se staatsrede op 8 Februarie 2024 was weereens ‘n blote vertoning wat opgevoer is met die doel om stemme te werf in die opkomende verkiesing.

Die tema vir die 2024 SONA is “Laat niemand agter nie”, maar die vraag is, na wie word verwys? ANC kaders? Dit is die voedselvoorsieners wat agter gelaat word gegewe dat 96% van grondhervormingsprogramme misluk. Kaders word bevoordeel en landbou benadeel.

Die landbou sektor skep die meeste werksgeleenthede, maar steeds ontvang slegs ‘n handjievol ondersteuning vanaf die regering. In landbou is vervoer logistiek van kardinale belang vir buitelandse uitvoere en om kos op verbruikers se tafels te kry. In die vorige staatsrede het ons gehoor hoe onderpresterende hawens en spoorweë aandag sal geniet, maar steeds bly dit ‘n uitdaging vir ons boere.

In die afgelope paar jaar het landbou ‘n baie duidelike, swaar les geleer oor die verskil tussen sê en doen. Ons het geleer dat die beloftes wat President Cyril Ramaphosa in sy staatsrede maak nie uitgevoer word nie. Dit is altyd holklinkende woorde wat eintlik niks beteken vir Suid-Afrika se vooruitgang nie. Kyk maar net hoe het ons werkloosheid syfer geklim van 29.1% in 2019 tot 31.9% in 2024. Inflasie het ook verhoog met 1,74% sedert 2019.

“Vanaand se beloftes van verbetering klink baie bekend – ons het dit vorige jare ook gehoor,” sê Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder. “Daar word aangekondig dat miljarde rande hiervoor geoormerk word, maar dieselfde mense wat die probleem veroorsaak het, is nou diegene wat dit moet regstel.”

As woorde tot uitkomste gelei het sou mens opgewonde kon raak oor die staatsrede. In werklikheid kan dit net gebeur indien kundiges met integriteit en ‘n sin vir verantwoordelikheid hierdie beloftes lewe gee.

“Dit is maklik om te praat oor wat gedoen moet word, maar die geskiedenis sink die staatsrede. Suid-Afrika besef nou dat die ANC se beleid nie kan lewer wat belowe word nie. Ons het vanaand beleef dat die ANC steeds eerder kies om ideologie na te streef vir die behoud van die ANC as regerende party. Daar word beloftes gemaak wat die mense graag wil hoor, terwyl ons met ‘n bankrot regering sit wat nie die vermoë het om hul beloftes na te kom nie.

“Solank ons onkundige kaders in sleutelposte het en korrupsie seëvier, beteken President Ramaphosa se staatsrede en die begroting, wat beslis daaraan gekoppel gaan word, niks vir Suid-Afrika se toekoms nie,” sê van Zyl.

‘n Staatsrede behoort die roete aan te wys vir die land se toekomspad, dit behoort ‘n toekomsvisie te bevestig, dit behoort doelgerig te bevestig wat ons gaan doen om die land in ‘n beter posisie te plaas. Ongelukkig weet die hele Suid-Afrika, omdat dit oor jare daargestel is, dat die ANC se beleidsomgewings van kaderontplooing en transformasie elke staatsinstelling tot in die grond in sal bestuur. Burgers sit reeds met die skreiende gevolge van die beleid se mislukking.

Gaan die gebrek aan prestasies weereens ons voorland wees?

TLU SA twyfel nie daaroor nie.

 

Foto: Chris Ensminger | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.