Suid-Afrika se uiteenlopende weer en klimaatstoestande stel die land in staat om ‘n verskeidenheid vrugte te verbou en te produseer. Die land is wêreldwyd bekend as ‘n produsent en uitvoerder van sitrus, sagtevrugte en subtropiese vrugte. In hierdie uitgawe van die Fruit Trade Flow Report word gekyk na sitrusvrugte (pomelo’s en suurlemoene) en kernvrugte (appels en pere). Die hooffokus is op die ontleding van die huidige seisoen se prestasie van hierdie vrugte, sowel vir die uitvoer- as binnelandse mark, vergeleke met die vorige seisoene. Hierdie verslag beoordeel ook die wêreldwye produksie van hierdie vrugte en gee ‘n perspektief van Suid-Afrika se produksie- en uitvoerranglys (as deel van die wêreldwye produksie en uitvoer).

South African Fruit flow report September 2019 Issue 35fin