Suid-Afrika het ekonomiese groei nodig, nie net ‘n groter begroting nie.

Die 2024 begrotingsrede skep vir Suid-Afrika ‘n dooie ekonomie. Ons staatskuld het met ons weg gehardloop en dit kan nie meer onderhou word nie. 

‘n Mens, of in dié geval, ‘n land, kan hulself nie uit skuld uit leen nie, jy moet jouself daaruit presteer. 

Die inwoners van Suid-Afrika is vuisvoos van al die wanaanwending van fondse en korrupsie. Jaar na jaar word daar van Jan Alleman verwag om al hoe meer te betaal sonder om daarby te baat. 

Minister van Finansies, Mr Enoch Godongwana het tydens die begrotingsrede bekend gemaak dat die regering belastingsverhogings van altesaam R15 miljard in 2024/25 voorstel. Die regering ontvang tans R738.7 miljard belastinginkomste vanaf persoonlike inkomste. Die Minister het ook genoem dat daar weer soos in 2022 en 2023 geen verhoging gaan wees in brandstofheffing of die padongelukfondsheffing nie. Dit sal belastingverligting vir die publiek bring. 

TLU SA waarsku die publiek daarteen om die begroting te sien as niks minder as net ‘n instrument van die regerende party nie. Die begrotingsrede is veronderstel om ‘n uiteensetting te wees van ‘die belastinggeld wat julle vir ons gee, gaan ons só gebruik vir julle voordeel’. Dit is egter hoegenaamd nie die geval vir die landbou industrie nie. 

R6 miljard is in die mediumtermyn-uitgaweraamwerk toegeken om hervestigde boere deur grondherverdeling en verblyfreghervormingprogramme te ondersteun. R27.7 miljard is ook toegeken aan landbou en landelike ontwikkeling. 

Ons vraag aan die regerende party is dus: Wat word gedoen met ons geld, en waar is die ondersteuning aan ons kommersiële boere? 

“Ons land se begroting is veronderstel om ‘n omgewing te skep wat groei stimuleer deur geleenthede vir inwoners te skep om besigheid te bedryf. Hiervoor het ons ‘n werkende infrastruktuur nodig. Ons word met elke begroting en in elke verkiesingsjaar beloof dat ons paaie en spoorweë aandag gaan geniet, maar tog sien ons nie ‘n verbetering nie,” sê Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.  

As ons fokus op ekonomiese groei en om ‘n teelaarde vir nuwe besighede te skep, sal ons kwessies soos werkloosheid aanspreek. Dit sal ook beteken dat minder geld aan maatskaplike toelaes geallokeer moet word. 

TLU SA verwys na ‘n versoek wat hulle in Desember 2023 aan die regering gerig het: “Bemagtig landbou om self-voorsienend te wees deur ‘n vergunning om in goeie jare wins belastingvry te kan spaar. Sodoende sal die land se voedselvoorsieners tydens krisistye bepaal wat hulle self kan doen in die lig van ‘n afwesige regering.” 

Minister Godongwana het sy toespraak afgesluit deur Suid-Afrikaners te herinner dat die hoofboodskap van die 2024 begrotingsrede is dat die regering die beste maak met baie beperkte hulpbronne. TLU SA wil egter antwoord en sê dat as kundiges, en nie diegene wat ons in die situasie laat beland het nie, deurlopend fokus op groei en instandhouding, sou ons hierdie omstandighede kon vermy.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.