Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Met sowat 40 jaar se ervaring in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ’n intense behoefte om Suid-Afrikaners tot diens te wees, het TLU SA besluit om Ronnie Schilling, Streekbestuurder: Oos en Natal, in te span om lede met hoë profiel sake waar daar om een van of ander rede geen vordering gemaak word nie, by te staan.

Schilling sal as die middelman optree tussen TLU SA-lede en die SAPD.

“Ek het meer as 40 jaar se ondervinding in Sigbare Polisiëring waarvan die grootste gedeelte in die SAPD Nooddienste was. Ek het op voetsool- en offisiersvlak gedien. Ek het dus meer as genoegsame kennis en ervaring vir die nuwe rol. Nog ’n pluspunt is die feit dat ek so onlangs as ’n jaar of wat gelede nog in die SAPD gedien het. Dit sal dus vir my moontlik wees om die skakeling met die SAPD deur die regte kanale en op die regte wyse te doen, wat van kardinale belang is,” het Schilling gesê.

Volgens Schilling is dit beslis ’n uitdagende rol, maar een wat tot sy hart spreek.

“Daar gaan beslis ’n uitdaging of drie wees, maar ek dink een van die grootste probleme ná ’n misdaad gepleeg is, is die uiteenlopende emosies wat ervaar word. Die slagoffer(s) is kwaad oor die moord of die honderd dragtige ooie wat geslag is, om nie eers te praat van die indringing van sy privaatheid nie. Daar is ook hartseer. Dit is egter nie al nie, die verhouding tans tussen ondersoekers en klaers help ook nie veel nie, aangesien die publiek geen vertroue meer in die vermoë van die SAPD nie.

“Ek wil egter TLU SA-lede verseker dat ek my nuwe rol met oortuiging sal uitvoer en my beste sal doen om elke lid wat my nodig het, by te staan en te dien. Ek is versigtig optimisties en ook baie opgewonde. Aan die einde van die dag het ek my lewe lank beskerm en gedien en dit is presies wat ek sal bly doen.”

Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, het gesê dat daar ’n groot behoefte is om iemand soos Ronnie Schilling aan te wend, waar hy van grootste diens kan wees. Die nuwe rol sal aanvullend tot sy take as streekbestuurder wees.

“Ronnie het nie net die nodige kennis en ervaring nie, hy het ’n hart om te dien en dié wat hom nodig het, te help. Om iemand soos Ronnie in ons midde te hê, is ’n voorreg en die besluit om hom in die nuwe rol aan te wend, is tot voordeel van elke TLU SA-lid.”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI