James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA beoog optrede teen Eskom oor beurtkrag

TLU SA vind dit uiters verdag dat Eskom skielik beurtkrag instel, slegs dae nadat die elektrisiteitsverskaffer ‘n hofsaak teen Nersa, die reguleerder, aanhangig gemaak het omdat die entiteit nie tevrede was met die tariefverhogings wat goedgekeur is nie.

“Dit wil byna voorkom of hier sprake is van ‘n subtiele afpersing, soos dit in die verlede ook al meermale plaasgevind het as Eskom dit oneens was met Nersa se besluite,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die verbruiker begin al die indruk kry dat as Eskom nie sy sin kry nie, daar beurtkrag ingestel word as ‘n soort hefboom.

“Die verduideliking dat daar al van Saterdag af probleme is, maar die land word eers Woensdag onverhoeds betrap, sonder enige vooraf waarskuwing, is net so onaanvaarbaar “ sê hy. “Baie boere moet in hierdie droogtetoestande en warm temperature hulle besproeiing behoorlik skeduleer, sodat hulle voedsel vir die land se tafels kan voorsien. Hulle is die reg van behoorlike beplanning ontneem deur Eskom se laksheid en ongevoelige optrede. Ek wil boere wat skade as gevolg hiervan ly, vra om TLU SA te kontak, sodat ons kan kyk na gepaste optrede om die skade te verhaal.

“Eskom het wel geld vir duur hofsake teen Nersa, maar kan nie noodsaaklike instandhouding bekostig nie. Dit is totaal onaanvaarbaar, en Eskom se bedryfshoof se verskoning aan die land vir die beurtkrag is nie die papier werd waarop dit staan nie,” sê mnr Meintjes.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA beoog optrede teen Eskom oor beurtkrag

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.