TLU SA het met groot leedwese verneem van die afsterwe van die veteraan-joernalis Derek Watts.
“Derek Watts was nie net in lewe ‘n groot man nie, maar ook as joernalis en mens, en sy aanvanklike uittrede en uiteindelike afsterwe is ‘n groot verlies vir joernalistiek in Suid-Afrika,” sê Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA in die Noordstreek. “As joernalis het hy altyd objektief opgetree en menige onreg aan die groot klok gehang. Die boeregemeenskap wil hom veral loof vir sy regverdige verslaggewing oor plaasaanvalle en ander landbouverwante sake.”
TLU SA hoop dat Derek se uitstaande joernalistiek en integriteit as voorbeeld sal dien vir alle joernaliste wat in sy groot voetspore volg.








