TLU SA bied hulp in brandgeteisterde gebiede

Die regering is weereens besig om landbou te faal deur die Vrystaatse en Noord-Kaapse brande – waar weiding, diere en opstalle vernietig is – nie tot ‘n ramp te verklaar nie.

Die parlement se Portefeuljekomitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het reeds gister ‘n versoek gerig aan minister Thoko Didiza om die gebiede in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deur brande verwoes is, tot rampgebiede te verklaar. Die VF+ het ‘n soortgelyke versoek gerig.

“Wanneer die regering landbouers nodig het, soos gedurende Covid-19, is ons net die beste, maar wanneer ons die regering se hulp nodig het, is daar doodse stilte,” sê mnr. Bertus van der Westhuizen, die voorsitter van TLU SA in die Vrystaat. “Landbou is reeds gewoond hieraan en daarom is dit geen verrassing dat boere en ondersteuners van regoor die land self inspring om die boere in die Vrystaat en Noord-Kaap by te staan nie.”

TLU SA het reeds begin om die bydraes en fondse wat instroom na die boere in nood te kanaliseer.

Boere het laat weet dat die volgende nou benodig word:

  • Breëspektrum-antibiotika en ander veemedisyne;
  • Energielekke soos melassemeel en/of lekblokke;
  • Gras, oesreste, mielies en enige ruvoer.
  • Enige weiding wat uitgespaar is en afgestaan kan word;
  • Pale, draad en omheiningsmateriaal om beskadigde infrastruktuur te probeer herstel;
  • Plastiekpyp vir watervoorsiening;
  • Brandstof en vervoer vir skenkings; en
  • Fondse om die bostaande te voorsien.

 

Enige finansiële bydraes kan direk in TLU SA se Traumafonds-rekening betaal word.

“Ons sal voortgaan om boere, of hulle lede is of nie, te ondersteun wanneer hulle dit nodig het,” sê mnr. Van der Westhuizen. “Ons belangrikste taak is om te verseker dat boere veilig en volhoubaar op hulle grond bly om in die landbouvraag van die land te voorsien. Dit sal ons doen.”

Volg hierdie skakel vir meer inligting oor die hulp-veldtog: https://www.tlu.co.za/vrystaat-brande-traumafonds/.

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       21 Oktober 2020

Navrae:                       Mnr Bertus van der Westhuizen, Voorsitter TLU SA Vrystaat

                                    Sel.: 082 571 5180

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.