TLU SA eis weer dat ekonomie ten volle geopen word in lig van jongste arbeidsmag statistiek

TLU SA doen ‘n ernstige beroep op die regering om die ekonomie onmiddellik ten volle oop te maak om enige verdere verliese aan werksgeleenthede te verhoed en armoede te bekamp.

StatsSA het vandag die kwartaallikse arbeidsmag statistiek vir die tweede kwartaal van 2020 bekend gemaak. Werkverskaffing het gedurende die tweede kwartaal in alle sektore afgeneem as ‘n direkte gevolg van die inperking wat steeds op vlak een van krag is. Die landboubedryf het die kleinste hoeveelheid verliese getoon met ‘n afname van slegs 7,6% teenoor 10,8% in die formele sektor, 21,9% in die informele sektor en 23,6% in private huishoudings.

“Landbou kon daarin slaag om ‘n baie groot gedeelte van die werksmag te behou, en is daarom die sektor wat die beste vertoon,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ons hoop dat die regering twee en twee bymekaar kan tel en sien dat die inperking verwoesting gesaai het in die bedrywe wat verhoed is om te werk en dat dit verskeie langtermyn gevolge veroorsaak.”

Hoewel daar ook ‘n afname in die werkloosheidsyfer wys, het StatsSA self erken dat dit geensins dui op ‘n verbetering in die arbeidsmark nie, maar ‘n resultaat is van die inperking. Die amptelike definisie vir werkloosheid lui dat mense op soek moet wees na werk en beskikbaar moet wees vir werk. Dit was nie moontlik tydens die inperking nie.

“Dit sal ‘n geruime tyd neem vir ons om werklik die totale en werklike invloed van die volgehoue inperking op die Suid-Afrikaanse ekonomie en inwoners te bevestig,” sê mnr. Geldenhuys. “Maar tot tyd en wyl is dit duidelik dat die regering die bestaande aanslag heeltemal moet verander om die reddingsproses te begin.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       29 September 2020

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.