Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA maak ernstig beswaar oor die regering se nuwe tendens om belangrike inligting meestal op Sondae bekend te maak.

 

“Ons is teleurgesteld dat die regering volhard om media-konferensies en vergaderings rondom COVID-19 op Sondae aan te bied,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “President Ramaphosa gaan sover om ‘n biddag aan te kondig, maar dan ontheilig die regering die Sabbat op presies dieselfde dag. Die Woord van God is baie duidelik oor Sondae. Hoe kan ons die seën van God Drie-enig verwag as die regering volhard op hierdie doelbewuste sondige pad?”

 

TLU SA is trots daarop om ‘n Christelike organisasie te wees wat glo dat God Drie-Enig in beheer is.

 

“Die krag van gebed is tans dalk meer belangrik as wat sommige van die belaglike en sinnelose regulasies is,” sê mnr. Meintjes. “Die regering moet ophou om in die pad te staan van gelowiges wat God Drie-enig – op Sondae – wil aanbid en die dag as heilig wil hanteer.”

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       1 Junie 2020

 

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

 

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470