James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA nie geflous deur ANC se paaiery van EFF oor onteiening nie

Die verdere voorgestelde wysigings aan artikel 25 van die Grondwet deur die ANC – kort voor die spertyd – is niks anders as ‘n poging om die EFF te paai voor die verkiesing nie.

Die ad hoc-komitee moet vandag, op 31 Mei 2021, hulle werk oor hierdie kwessie afhandel, maar het Vrydag aangekondig dat hulle nou die volledige artikel 25 sal wysig en nie net sekere gedeeltes nie. Die gedeeltes wat hierop betrekking het, is die punte waarop die EFF sedert die begin van die proses hamer. Dit behels dat enige natuurlike hulpbronne (en eiendom) sonder vergoeding onteien kan word solank as dit vir ‘n openbare doel of in die openbare belang is.

“Hierdie beskrywing is doelbewus so vaag sodat enigiets wat privaat besit word, sonder vergoeding onteien kan word,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die EFF maak geen geheim daarvan dat dit ‘n sosialistiese agenda nastreef nie en hierdie voorstelle sluit 100% hierby aan. Die EFF het dit ook al duidelik gemaak dat hulle onder geen omstandighede van hierdie voorstelle sal afstand doen nie. Dit is dus baie duidelik dat die ANC se ommeswaai na bilaterale gesprekke met die EFF ‘n poging is om steun te wen in die komende verkiesing.”

Die ad hoc-komitee sal die parlement versoek dat die spertyd om wysigings aan artikel 25 te maak met 30 dae verleng word aangesien die werk nog nie afgehandel is nie.

“Die ekstra tyd is waarskynlik versoek sodat die ANC en EFF beter kan uitwerk wie watter eiendom gaan onteien en hoe hulle daaruit voordeel gaan trek,” sê mnr. Geldenhuys. “Die skielike aankondiging van die ANC dat die hele artikel gewysig moet word, is beslis nie om toe te gee aan die ‘deelnemende demokrasie’ soos wat die komitee se voorsitter daarna verwys nie. Dit is belangrik om na ‘die mense van Suid-Afrika’ se insette te luister. Maar dit is ook belangrik om realisties te wees en te besef dat die ekonomie nie hierdie voorstelle gaan kan dra nie.”

 

Foto: Yuriy Bogdanov | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA nie geflous deur ANC se paaiery van EFF oor onteiening nie

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.