TLU SA stel vandag ‘n projek bekend om die bestaande inisiatiewe wat boervroue in nood met geskenkpakkies bederf, te ondersteun.
 
Dié projek word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Vrouelandbou-Unie (SAVLU) in die noorde van die land geloods, na gesprekke met die president van die SAVLU, Tharina Rossel.
 
“Ons het met dank kennis geneem van hierdie inisiatief,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Ons wil graag die nodige erkenning gee aan die mense wat dit van stapel gestuur het, en dit ondersteun.
 
“Ons weet dat die droogte in sekere streke reeds sulke afmetings aangeneem het dat die boere en hul werkers nie meer voedsel vir hulself het nie en ook nie die middele het om dit te kan bekom nie,” sê hy. “Die kumulatiewe effek van die droogte, die onsekere beleidsomgewing en onstabiele veiligheidstoestande druk swaar op die gemoedere van boere. Dit is in sulke tye die vrouens wat grootliks die gesin bymekaar hou en stabiliteit gee. Dit gaan nie ongesiens verby nie.”
 
Persone en instansies wat graag wil bydra om skoenbokse te verpak met verskeie verrassingsitems vir vroue, kan dit by die volgende afsetpunte gaan aflewer of verneem waar dit gedoen kan word:

  • TLU SA  Hoofkantoor, Jamesrylaan 194 Silverton Pretoria 012 804 8031;
  • Gert Cruywagen (Wesstreek) 082 497 0386;
  • Danie du Plessis (Oosstreek) 082 929 3347; en
  • Drickus Botha (Noordstreek)  082 774 9287.

 TLU SA sal die pakkies versprei deur gebruik te maak van bestaande strukture sowel as verskeie kerke.  
 
Persone wat graag iemand wil nomineer waar die omstandighede druk, kan die onderstaande besonderhede stuur aan sekretaresse@tlu.co.za.

  • Naam
  • Plaas
  • Distrik
  • Dorp
  • Kerkverband
  • Kontaknommer