Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA dring daarop aan dat die waarheid oor die geskiedenis van grondbesit sy regmatige plek bo die verdraaide en vals weergawes van die ANC-regering en sommige ander politieke partye inneem.

“Die spreekwoord lui: Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Buiten ‘n verwronge en vernietigende ideologie waaraan die ANC so styf vashou, word hulle onakkurate weergawe oor die geskiedenis van grondbesit en die ontwikkeling van die land so wyd en gereeld verkondig dat nie net hulleself nie, maar nuwe generasies en ander oningeligte mense dit nou as die enigste waarheid glo.

“Hierdie leuens wat hulle verkondig is die fondament waarop byna al hulle argumente geskoei word,” sê mnr. Meintjes. “Vernietig hierdie leuen en die ANC se hele argument val plat.”

Die TLU SA-lid mnr. Werner Weber het met die hulp van verskeie rolspelers in die geskiedenis gedelf en die korrekte feite in die boek The South African Land Issue weergegee.

TLU SA stel graag die boek met ‘n reeks video’s wat die onderskeie tydperke van die geskiedenis oor grondbesit-ontwikkeling toelig, bekend.

  • Video 1: Die debat rondom grondbesit in Suid-Afrika;
  • Video 2: Swart grondbesit in 1820 en die Groot Trek na die binneland;
  • Video 3: Natal en die Zoeloes;
  • Video 4: Lydenburg, die Pedi’s en Swazi’s;
  • Video 5: Die Bataung en Matabeles in die Vrystaat;
  • Video 6: Voortrekkers kry land as vergoeding;
  • Video 7: Louis Trichardt en die Vendas;
  • Video 8: Meer oor The South African Land Issue.

“Ons wil graag hê dat mense hulle vergewis van die ware feite van grondbesit in Suid-Afrika voordat hulle aan die debat daaroor deelneem,” sê mnr. Meintjes. “Versprei gerus die inligting aan alle Suid-Afrikaners.”

The South African Land Issue kan by hk@vf.co.za bestel word.

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons