Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

“Boere is keelvol vir die aanslag op hulle lewens en sal nou al hoe meer begin aksie neem teen misdadigers wat hulle aanval en intimideer,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA.

Die land sien die afgelope maand al hoe meer dat gemeenskappe vreedsaam en in massas protesteer by hofsake wat handel oor plaasaanvalle en -moorde. TLU SA en TLU SA-lede ondersteun hierdie aksies telkens.

Tydens TLU SA se virtuele protesoptog op 14 Augustus het meer as 11 000 mense hulle steun getoon deur vir die optog te registreer en boodskappe van hoop en krag aan boere te stuur. Die boodskappe het meer as 355 000 mense op sosiale media platforms bereik.

TLU SA was gedurende Augustus teenwoordig tydens optogte in Thabazimbi, Soekmekaar en Mokgopong, waar verdagtes in plaasaanvalle in die hof verskyn het. Verdere optogte word ook beplan vir hofsake wat nog moet voor kom.

TLU SA sal ook op 18 en 19 September teenwoordig wees wanneer die jaarlikse herdenking van slagoffers van plaasgeweld by die Witkruis Monument by Ysterberg in Limpopo plaasvind. Dié monument word jaarliks opdateer deur wit kruise op te rig vir mense wat in plaasaanvalle vermoor is.

“Ons is baie ingenome dat hierdie optogte telkens vreedsaam is en dat daar geen geweld of beskadiging daarmee gepaard gaan nie,” sê mnr. Meintjes. “Ons wil mense regoor Suid-Afrika aanmoedig om die optogte en aksies soveel as moontlik te ondersteun en standpunt in te neem teen plaasaanvalle. Die doel is om te wys dat plaasgemeenskappe kan saam staan en bereid is om op te staan vir die veiligheid van boere, gesinne en werkers.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       19 Augustus 2020

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

Mnr Henk van de Graaf, Voorsitter TLU SA Noord,

                                    Sel.: 076 563 3800

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons