TLU SA rig pleidooi oor ekonomie en inperking aan Ramaphosa en Didiza

TLU SA het ‘n pleidooi aan President Cyril Ramaphosa gerig om die landwye inperking te lig om die ekonomie te red.

 

In ‘n formele skrywe aan die president verwys TLU SA na ‘n soortgelyke skrywe van ‘n jaar gelede waarin kommer oor die ekonomie geopper is.

 

“Dit blyk dat ons ‘n jaar later nog meer rede tot kommer het,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Ons land is in rommelstatus soos wat ons voorspel het gaan gebeur, maar steeds maak die regering geen aanstaltes om die ekonomiese beleid so te verander dat ons weer by ‘n groeipunt uitkom nie.”

 

TLU SA het die volgende algemene stappe voorgestel om die ekonomie om te draai:

  • Implementeer ‘n ekonomiese beleid waarop die markte positief kan reageer;
  • Bevestig dat die regering die konsep van privaat besitreg en die markkragbeginsel voorstaan;
  • Laat vaar grondonteiening sonder vergoeding en SEB;
  • Maak gebruik van die kundigheid van álle Suid-Afrikaners om die ekonomie om te draai;
  • Beklemtoon die belangrikheid van onderwys en hoe die afbrand, vandalisering en diefstal by skole die toekoms vernietig;
  • Werk daadwerklik om die ekonomie tot by ‘n punt van groei te bevorder.

 

In die skrywe versoek TLU SA verder dat die aanslag om die verspreiding van COVID-19 te beperk, verlig of heeltemal geskrap word ten einde die ekonomie te red.

 

In ‘n aparte skrywe aan die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Sake, me. Thoko Didiza, beklemtoon TLU SA dat die landwye inperking die ekonomie nadelig beïnvloed.

 

“Die impak van die virus op Suid-Afrika verflou teen die ekonomiese verwoesting wat die inperking saai,” sê mnr. Meintjes. “Die groeiende armoede, werkloosheid en hongersnood regoor die land hou ‘n ernstige gevaar vir die stabiliteit van die land in.”

 

TLU SA stel die volgende voor rondom die inperking:

  • Verlaag of skrap die vlakke van inperking in soveel as moontlik plekke;
  • Plaas beperkings slegs in die plekke waar daar ‘n hoë konsentrasie van positiewe gevalle voorkom, ouer mense en mense wat aan chroniese siektes ly wat hulle kwesbaar maak;
  • Laat die ekonomie elders sonder enige beperkinge, onderhewig aan praktiese higiëne maatreëls, voortgaan.

 

“As die leier van die land is dit jou plig om op te staan en die regte rigting aan te dui, mnr. Ramaphosa,” sê mnr. Meintjies. “Ons wag op jou leiding.”

 

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       13 Mei 2020

 

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

 

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.