James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Sentraal hou suksesvolle konferensie

Die TLU SA Sentraal Streek het op 10 April 2025 sy jaarlikse konferensie net buite Pretoria aangebied. Die geleentheid het produsente en ander belangstellendes uit die landboubedryf bymekaar gebring vir ’n dag van relevante gesprekke oor kwessies wat die boerderygemeenskap direk raak.

Die konferensie is geopen deur Ds. Paul van den Berg van die Gereformeerde Kerk Cullinan, wat die deelnemers met ‘n inspirerende gebed en boodskap verwelkom het. Daarna het Henri Combrink, streekvoorsitter van TLU SA Sentraal Streek, die program gedeel en die dag se gesprekke geloods.

Ons het ‘n baie insiggewende konferensie gehad,” sê Henri Combrink, streekvoorsitter. “Die samewerking en deelname van diegene wat daar was, het dit ’n groot sukses gemaak.”

Die dag het ‘n waardevolle insig in landbouprobleme gebied, te danke aan ‘n verskeidenheid van kundiges. Dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad het ’n gedetailleerde blik op die impak van droogtesiklusse en weermodelle gedeel, en het met die deelnemers ’n diepgaande gesprek gevoer oor hoe boere beplanning kan aanpas om beter voor te berei op die uitdagings wat die klimaat inhou.

Paul Avenant van die departement van landbou het deelnemers op ‘n reis geneem deur die uitdagings van indringerplante en bosverdigting. Hy het praktiese oplossings gebied vir die bestuur van indringerplante, en verduidelik hoe ekologiese suksessie ‘n integrale deel van die landboubestuur moet wees om volhoubare praktyke te verseker.

Hanlie Kroese van Santam het daarna gefokus op die belangrikheid van veldbrandversekering in ‘n tyd waar risiko’s vir boere toenemend styg. Sy het nie net die praktiese aspekte van versekering gedeel nie, maar ook die strategieë wat boere kan implementeer om hul besighede teen veldbrande te beskerm.

Na elke aanbieding is deelnemers uitgedaag om vrae te vra, wat waardevolle en aktiewe gesprekke en terugvoer gelewer het.

Die dag is afgesluit met gelukkige trekkings en bedankings deur Combrink, gevolg deur ’n ete en gesellige samesyn.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Sentraal hou suksesvolle konferensie

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.