Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA spreek dankbaarheid uit Dinsdag | 31 Mei | 2022

TLU SA is dankbaar vir die verlaging van die brandstofheffing vir nog twee maande.

“Ons wil vir almal wat meegedoen het in die toepas van positiewe druk en die rig van versoeke, dankie sê.  Briewe van TLU SA is aan die ministers van Landbou en Finansies gestuur toe die aanvanklike verlaging – wat ná gesprekke oor die invloed van die konflik in die Oekraïne op landbou waarin ons versoek het dat die verlaging in brandstofheffing oorweeg moet word – tot ’n einde sou kom. Ons het versoek dat dit verleng moet word omdat landbou eenvoudig nie die ekstra kostes tans kan dra nie,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder gesê.

“Dit plaas landbouers steeds nie in ’n posisie dat hulle ongekwalifiseerd volhoubaar kan produseer nie, want die insetkoste van veral brandstof en kunsmis maak dit bykans onmoontlik om winsgewend te boer en dit is nie ’n oplossing op die langtermyn nie, maar wel ’n verligting en daarvoor is ons dankbaar.”

Dié stap is in belang van voedselsekerheid.

“Daar sal egter daadwerklik gesoek moet word aan ’n oplossing om die hoë koste van brandstof aan te spreek ten einde die seermaak van die ekonomie te beperk. Suid-Afrika bloei ekonomies in vele opsigte en ons sit tans met verbruikers wat reeds nie toue bymekaar kan bring nie. Die hoë insetkoste vir boere is reeds by ’n punt waar boere baie moeilik winsgewend in produksie kan bly in sekere kommoditeite. Die strategiese waarde van voedselsekerheid moet hier in ag geneem word. Dit is nie net brandstof wat die koste-knyptang veroorsaak nie, maar ’n samevoeging van verskeie aspekte wat die produksieproses negatief beïnvloed en daarom moet elk van hierdie punte aangespreek word,” het mnr. Van Zyl bygevoeg.

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI