Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

‘n Splinternuwe reeks van TLU SA se Plaaspraatjies word vandeesweek bekendgestel. Dié platform maak sake van belang vir boere en die landboubedryf meer toeganklik vir boere en die landboubedryf. Dit word regstreeks op Youtube aangebied om soveel as moontlik kykers te bereik.

 

Belangstellendes kan op TLU SA se webwerf registreer om toegang tot die gesprek te kry.

 

Die eerste gesprek oor watersake vind op 17 Junie – die Wêrelddag teen Verwoestyning en Droogte – plaas. Die gesprek word aangebied deur mnr. Henk van de Graaf, TLU SA Noord se voorsitter en Drickus Botha wat op die Watersakekomitee dien.

 

Die gesprek sal handel oor temas rondom waterregte en watergebruik.

 

 

Die media word genooi om die aanlyn-geleentheid by te woon:

Datum:           Woensdag, 17 Junie 2020

Tyd:                11:00

RSVP:             Vooraf by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/plaaspraatjies/

 

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       15 Junie 2020

 

Navrae:                       Mnr Henk van de Graaf, Voorsitter TLU SA Noord,

                                    Sel.: 076 563 3800

 

Mnr Drickus Botha, Watersakekomitee,

                                    Sel.: 082 774 9287