TLU SA stel Plaasvars e-Mark bekend vir boere

TLU SA het vandag die Plaasvars e-Mark bekendgestel om boere en verbruikers met mekaar te verbind.

“Die kommersiële boer word telkens oorgesien wanneer dit by enige vorm van befondsing uit die staatskoffers kom,” sê mnr. Louis Meintjes. “Geen hulp gedurende droogtes. Geen hulp gedurende rampe soos COVID-19 nie. Geen hulp wanneer lenings te swaar raak om af te betaal nie.

“Reddingsboei na reddingsboei word gegooi na kleinskaalboere wat minder as 2% van die totale landbou-inkomste verskaf en maar net 6% van plaaswerkers in diens neem. Grootboere se staatskontrakte en finansiële vermoëns maak dit makliker om ‘n ramp te trotseer en heel anderkant uit te kom. Maar, die impak wanneer so ‘n boerdery wel vou, is ook soveel groter,” sê hy.

Die kommersiële boer is die sleutel tot voedselsekerheid.

TLU SA sien om na die kommersiële boer. Die boer wat dag in en dag uit boer om plaaswerkers van werk te voorsien, eie gesinne te onderhou en die belangrikste, volhoubaar en koersvas voort te gaan om plaasvars produkte te verskaf.

“TLU SA het lankal reeds gesien dat boere ‘n platform nodig het om direk by die verbruiker uit te kom,” sê mnr. Meintjes. “So kan hulle voortgaan om ‘n bestaan te maak gedurende uitdagende tye.”

Op die digitale koop- en verkoopplatform kan boere enige landbouproduk wat hulle wil verkoop, aanbied. Met TLU SA se Plaasvars e-Mark kan die verbruiker direk met die boer gesels oor produkte.

Die platform werk eenvoudig:

  • Die boer laai die inligting en beskikbare produkte met ‘n foto of twee;
  • Die verbruiker besoek die mark en kies die produkte waarin hy of sy belangstel; en
  • Die boer en verbruiker praat direk met mekaar om ‘n transaksie te beklink.

Die Plaasvars e-Mark is beskikbaar by hierdie skakel.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.