James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verwelkom verkiesing van Prof. Andries Raath as Voorsitter van SAPD Veediefstalforum

TLU SA spreek sy opregte gelukwensing en steun uit aan Prof. Andries Raath, streekbestuurder van TLU SA Vrystaat, met sy verkiesing as Voorsitter van die SAPD se Vrystaat Veediefstalforum, ’n liggaam wat daarop gemik is om strategiese samewerking tussen die SAPD, georganiseerde landbou en ander rolspelers te bevorder in die stryd teen veediefstal.

Prof. Raath beskryf die aanstelling as ’n roeping en sê dat dit vir hom persoonlik belangrik is om nou gewig in te gooi in hierdie kritieke tyd vir landbou. “Ons is nie by TLU SA betrokke om ons tyd te verwyl nie, maar om ons lede op hulle plase te hou, veilig, winsgewend en volhoubaar, terwyl ons ook die breër gemeenskap dien,” sê hy.

Veediefstal het ’n verwoestende impak op die volhoubaarheid van kommersiële boerdery, veral in provinsies soos die Vrystaat waar die rooivleisbedryf ‘n kernrol in voedselvoorsiening en werkskepping speel. Maandelikse verliese weens veediefstal in die provinsie wissel soms tussen R5 miljoen en R10 miljoen. “Ons kan eenvoudig nie bekostig dat hierdie misdaadpatroon voortduur nie,” sê prof. Raath.

Hy beklemtoon dat die Veediefstalforum se doel is om ’n doeltreffende netwerk van voorkoming te vestig deur beter samewerking tussen die SAPD, staatsinstellings en die privaat sektor. “Ons visie is duidelik: meer effektiwiteit, beter uitkomste en ’n geïntegreerde strategie wat werk. Maar dit vra kollektiewe betrokkenheid, niemand kan alleen hierdie uitdaging oorwin nie.”

Een van die grootste struikelblokke in die bekamping van veediefstal is die onderrapportering van voorvalle. “Wanneer boere misdaad nie konsekwent aanmeld nie, lyk die amptelike statistiek beter as wat dit is, en dit beïnvloed die toekenning van hulpbronne. Ons pleit dus dringend by produsente om alles aan te meld sodat die volle impak van veediefstal op die sektor sigbaar is.”

Prof. Raath sluit af: “Hierdie werk is deel van koninkrykswerk. Die stryd teen veediefstal is nie net ‘n landbou- of veiligheidsaangeleentheid nie, dit gaan oor geregtigheid, verantwoordelikheid en diens aan ons gemeenskappe. Ek is dankbaar vir die geleentheid om op hierdie manier diensbaar te wees.”

TLU SA spreek sy volle vertroue uit in prof. Raath se leiding en sien uit na die strategiese waarde wat hy in hierdie belangrike rol sal toevoeg tot georganiseerde landbou en die veiligheid van boere.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA verwelkom verkiesing van Prof. Andries Raath as Voorsitter van SAPD Veediefstalforum

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.