Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA doen ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners om nie deur die verskuilde pogings om polarisasie te skep, meegevoer te word nie.

Die uitvoerende komitee het vandag vergader om die situasie in die land en die veiligheid van lede te bespreek. TLU SA het dan ook riglyne vir lede saamgestel oor hoe om tydens protesaksies op te tree.

“Die gebeure by Senekal in die Vrystaat bevestig dat gemeenskappe in Suid-Afrika breekpunt bereik het ten opsigte van die onaanvaarbare vlakke van misdaad en korrupsie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die dubbele standaarde in die hantering van misdaad, is ook besig om polarisasie in gemeenskappe en ook met die SAPD te veroorsaak.”

Die regering faal Suid-Afrika in feitlik alle opsigte. Die misdaad in Suid-Afrika word nie tot landbou beperk nie. Die huidige vlaag van moord en misdaad is reeds op onaanvaarbare vlakke en ‘n verslegting van die situasie kan nie geduld word nie.

TLU SA bevraagteken egter die politieke wil om misdaad aan te spreek.

“Ons is realisties oor moontlike oplossings,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons kan nie op ons eie die situasie verander nie. Ons móét hande vat met ander organisasies en strukture om gesamentlik ‘n strategie teen misdaad vir die toekoms uit te werk.”

TLU SA het dus ook op 9 Oktober 2020 na verskeie organisasies en kerkgenootskappe uitgereik en hulle gevra om ‘n ernstige versoek aan die regering te rig om onaanvaarbare misdaad aan bande te lê.

“Dit is maklik om teen hierdie agtergrond deur emosies meegevoer te word en selfbeheersing te verloor,” sê mnr. Geldenhuys. “Die gevaar bestaan ook dat wetteloosheid in so ‘n situasie uitgebuit kan word. Dit kan lei tot ernstige konflik, bloedvergieting en die vernietiging van infrastruktuur en eiendom.

“Maar, daar is meer krag in selfbeheersing as anargie, is die boodskap wat ons vandag aan ons lede gestuur het.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       13 Oktober 2020

 

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                       Sel.: 083 560 1273

                                      Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                      Sel.: 082 466 4470

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons